15 November is die 319de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (320ste in skrikkeljare). Daar volg nog 46 dae in die res van die jaar.
- 1397 – Tommaso Parentucelli, later Pous Nicolaas V, 208ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1455).
- 1738 – William Herschel, Britse sterrekundige († 1822).
- 1912 – Albert Baez, Mexikaans-Amerikaanse fisikus en die vader van die sangeresse Joan Baez en Mimi Fariña († 2007).
- 1927 – George Bizos, Grieks-Suid-Afrikaanse menseregte- en anti-apartheidsadvokaat († 2020).
- 1929 – Ed Asner, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1931 – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo († 2020).
- 1931 – Jan Terlouw, afgetrede Nederlandse politikus en diplomaat van die Demokrate 66, fisikus en skrywer van Koning van Katoren.
- 1938 – Ronnie Kasrils, afgetrede Suid-Afrikaanse ANC-kabinetsminister.
- 1939 – Yaphet Kotto, Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur.
- 1941 – Syd Nomis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2018).
- 1955 – Buck Adams, Amerikaanse pornografiese akteur († 2008).
- 1991 – Shailene Woodley, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1280 – Albertus Magnus, Duitse teoloog en wetenskaplike (* 1200).
- 1630 – Johannes Kepler, wiskundige en sterrekundige (* 1571).
- 1658 – Jacobus Revius, Nederlandse digter, Calvinis teoloog en kerkhistorikus (* 1586).
- 1670 – Johann Amos Comenius, bekend as die vader van moderne onderwys (* 1592).
- 1787 – Christofh Willibald Gluck, hervormer van die opera (* 1714).
- 1866 – Albert Zinn, NG-predikant (* 1838).
- 1908 – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. (* 1835).
- 1916 – Henryk Sienkiewicz, Poolse outeur, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde 1905 (* 1846).
- 1954 – Lionel Barrymore, Amerikaanse akteur (* 1878).
- 1961 – Elsie Ferguson, Amerikaanse aktrise (* 1883).
- 1998 – Stokely Carmichael, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Port of Spain, Trinidad (* 1941).
- 2001 – Jan Rabie, Afrikaanse skrywer (* 1920).
- 2016 – Sixto Durán Ballén, Ecuadoriaanse politikus en voormalige president (1992–1996) (* 1921).
- 2020 – Anne Rasa, Suid-Afrikaanse natuurkundige en etoloog van veral die graatjiemeerkat (* 1940).
 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 15 November. |