Kalenders
|
|
Die Groot Gat
|
|
Die jaar 1869 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 69ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 10 Januarie – Grigori Raspoetin, Russiese lekeprediker († 1916).
- 11 Februarie – Else Lasker-Schüler, Duits-Joodse digteres en toneelskryfster († 1945).
- 16 Maart – W.A. Hofmeyr, Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem († 1953).
- 18 Maart – Neville Chamberlain, Britse politikus († 1940).
- 22 Maart – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne († 1964).
- 29 Maart – Edwin Lutyens, Britse argitek († 1944).
- 15 April – Sarie Maré, die vrou oor wie die eerste versie van die volksliedjie “Sarie Marais” handel († 1939).
- 21 April – Hauk Aabel, Noorweegse akteur († 1961).
- 27 Junie – Hans Spemann, ontvanger van die Nobelprys vir medisyne 1935 († 1941).
- 27 Junie – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis († 1940).
- 27 Augustus – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland († 1946).
- 20 September – Antonie Kock, regter van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1948).
- 2 Oktober – Mahatma Gandhi, charismatiese Indiese massa-bewegingsleier, wat die saak van Brits-koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring het († 1948).
- 7 September – Genl. Ben Viljoen, Boereoorlog-stryder († 1917).
- 24 Desember – Henriette Roland Holst, Nederlandse digteres († 1952).
- 31 Desember – Henri Matisse, Franse kunstenaar († 1954).