2020 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 2019 | Volgende: 2021 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Die 2020 FIA Formule Een-seisoen was 'n wedrenreeks vir Formule Eenmotors. Dit was die 71ste bestaansjaar van Formule Een. Die seisoen sou aanvanklik uit 22 Grands Prix-wedrenne bestaan het, die meeste in een seisoen, maar is in die wiele gery weens die wêreldwye koronaviruspandemie van 2019-2020. Uiteindelik is 17 rondtes voltooi, almal in Europa en die Midde-Ooste.
Lewis Hamilton was die heersende wêreldbestuurderskampioen, en Mercedes die verdedigende wêreldkampioen vir vervaardigers nadat hulle beide hulle 7de wêreldkampioenskapstitel in 2020 verower het.
Pirelli was weereens die enigste bandverskaffer vir die 2020-seisoen.
Die volgende spanne en renjaers neem aan die FIA Formule 1-Wêreldkampioenskap van 2020 deel:
Span | Vervaardiger | Onderstel | Enjin | Spanhoof | Tegniese hoof | Nr. | Renjaer | Rondtes |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
Alfa Romeo-Ferrari | C39 | Ferrari | Frédéric Vasseur | Jan Monchaux | 7 | ![]() |
1-17 |
99 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
AlphaTauri-Honda | AT01 | Honda | Franz Tost | Jody Egginton | 10 | ![]() |
1-17 |
26 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
Ferrari | SF1000 | Ferrari | Mattia Binotto | Simone Resta | 5 | ![]() |
1-17 |
16 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
Haas-Ferrari | VF-20 | Ferrari | Guenther Steiner | Rob Taylor | 8 | ![]() |
1-15 |
20 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
McLaren-Renault | MCL35 | Renault | Andreas Seidl | James Key | 4 | ![]() |
1-17 |
55 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
Mercedes | W11 | Mercedes | Toto Wolff | James Allison | 44 | ![]() |
1-15 |
77 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
Racing Point-Mercedes | RP20 | BWT Mercedes | Otmar Szafnauer | Andrew Green | 11 | ![]() |
1-4; 6-17 |
27 | ![]() |
4-5, 11 | ||||||
18 | ![]() |
1-10, 12-17 | ||||||
![]() |
Red Bull-Honda | RB16 | Honda[20] | Christian Horner | Pierre Waché | 23 | ![]() |
1-17 |
33 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
Renault | R.S.20 | Renault | Cyril Abiteboul | Pat Fry (onderstel)
Rémi Taffin (enjin) |
3 | ![]() |
1-17 |
31 | ![]() |
1-17 | ||||||
![]() |
Williams-Mercedes | FW43 | Mercedes | Simon Roberts (waarnemende hoof)
Claire Williams - Voor oorname deur Dorilton Capital |
- | 6 | ![]() |
1-17 |
63 | ![]() |
1-17 | ||||||
Bronne:[29][30] |
Volgens FIA Formule-Een regulasies (Artikel 26.1 b) mag toetsbestuurders buite die spanne se amptelike bestuurders toegelaat word om aan die eerste toetssessie deel te neem. Gedurende die seisoen het drie bestuurders as toetsbestuurders of in die vrye oefensessies deelgeneem. Jack Aitken en Roy Nissany het een en twee sessies onderskeidelik vir die Williamsspan gery. Die voormalige F1-jaer, Robert Kubica het vir Alfa Romeo by drie geleenthede bestuur. Robert Schartzmann sal gedurende die eerste oefensessie by die Aboe Dhabi Grand Prix vir Haas ry. Mick Schumacher en Callum Illot sou in die eerste oefensessie by die 2020 Eifelse Grand Prix vir Alfa Romeo en Haas bestuur het, maar het egter nie die kans gekry nie weens gure weerstoestande wat tot die aflas van die sessie gelei het.[31]
Red Bull GmbH, die eienaar van Scuderia Toro Rosso, wysig na 14 jaar die span se naam na Scuderia AlphaTauri weens borgskapredes. Die naam verteenwoordig Red Bull se modehandelsmerk.[32]
Racing Point se Sergio Pérez is vir twee wedrenne deur Nico Hülkenberg vervang nadat hy positief getoets het vir die koronavirus voor die Britse Grand Prix. Pèrez was ook vir die 70ste Herdenking Grand Prix deur Hülkenberg vervang.
Pirelli is, net soos in vorige seisoene, die enigste bandverskaffer vir die 2020 seisoen.[33] Die bestuurders jaag op drie tipes bande: hard, medium en sag, wat onderskeidelik wit, geel en rooi gekleur sal word. Die samestellings wat gebruik gaan word, verskil egter per wedren. Die hardste samestelling word aangedui as 'hard' en die sagste as 'sag'.
Die aanvanklike kalender is in sy geheel gewysig weens die impak van die wêreldwye Covid-19-pandemie op alle sportbyeenkomste.[34]
Rondte | Grand Prix | Renbaan | Plek | Oorspronklike datum |
---|---|---|---|---|
1 | ![]() |
Albert Park | Melbourne | 15 Maart |
3 | ![]() |
Hanoi-straatbaan | Hanoi | 5 April |
4 | ![]() |
Shanghai Internasionale Renbaan | Shanghai | 19 April |
5 | ![]() |
Zandvoort-renbaan | Zandvoort | 3 Mei |
7 | ![]() |
Monaco-renbaan | Monte Carlo | 24 Mei |
8 | ![]() |
Bakoe-straatrenbaan | Bakoe | 7 Junie |
9 | ![]() |
Gilles Villeneuve-renbaan | Montreal (Quebec) | 14 Junie |
10 | ![]() |
Paul Ricard-renbaan | Le Castellet | 28 Junie |
16 | ![]() |
Marinabaai Straatrenbaan | Singapoer | 20 September |
18 | ![]() |
Suzuka Internasionale Renbaan | Suzuka | 11 Oktober |
19 | ![]() |
Circuit of the Americas | Austin (Texas) | 25 Oktober |
20 | ![]() |
Autódromo Hermanos Rodríguez | Meksikostad | 1 November |
21 | ![]() |
Autódromo José Carlos Pace | São Paulo | 15 November |
Punte is op 'n glyskaal toegeken vir die eerste tien geklassifiseerde renjaers. Een punt vir die vinnigste rondte tydens die Grand Prix is ook toegeken, maar slegs as die bestuurder onder die voorste 10 klaargemaak het. Die punte vir elke wedren is soos volg toegeken:
Plek | 1ste | 2de | 3de | 4de | 5de | 6de | 7de | 8ste | 9de | 10de | Vinnigste ronde |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Punte | 25 | 18 | 15 | 12 | 10 | 8 | 6 | 4 | 2 | 1 | 1 |
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)