Die 21ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XXI geskryf) word saam met die 22ste tot die 25ste Dinastie beskou as die land se Derde Oorgangstydperk.
Die bekende heersers van die 21ste Dinastie was:
Farao | Troonnaam | Bewind | Graftombe | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Smendes (Nesbanebdjed I) | Hedjcheperre-Setepenre | 1077 - 1051 v.C. | |||||||||||||||||
Amenemnisoe | Neferkare-Heqawaset | 1051 - 1047 v.C. | |||||||||||||||||
Pinedjem I (medeheerser) | Cheperkare-Setepenamoen | 1062 - 1039 v.C. | Deir el-Bahari | ||||||||||||||||
Psoesennes I (Pasebchanoet I) | Acheperre-Setepenamoen | 1047 - 1001 v.C. | Tanis | ||||||||||||||||
Amenemope | Oesermaetre-Setepenamoen | 1001 - 992 v.C. | Tanis | ||||||||||||||||
Osorkon die Ouere | Acheperre-Setepenre | 992 - 986 v.C. | |||||||||||||||||
Siamoen | Netjercheperre-Merjamoen | 986 - 967 v.C. | |||||||||||||||||
Psoesennes II (Pasebchanoet I) | Tjetcheperoere-Setepenre | 967 - 943 v.C. |
Ná die bewind van Ramses III van die 20ste Dinastie het die koninklike mag algaande afgeneem. Die farao's van die 21ste Dinastie het van Tanis af regeer, maar was hoofsaaklik bedrywig in Benede-Egipte. Bo-Egipte is in effek regeer deur die hoëpriesters van Amoen by Thebe. Volgens die Egiptiese historikus Manetho het die 21ste Dinastie 130 jaar geduur.[1]
Voorafgegaan deur ← 20ste Dinastie |
21ste Dinastie | Opgevolg deur 22ste Dinastie → |