23ste Dinastie van Egipte

Die 23ste Dinastie (ook Dinastie XXIII geskryf; 727715 v.C.) was ’n koningshuis van Libiese Berbers wat tydens die Derde Oorgangstydperk oor Antieke Egipte regeer het.

Heersers

[wysig | wysig bron]

Daar is taamlike onsekerheid oor die dinastie, wat van Herakleopolis, Hermopolis en Thebe af kon regeer het. Monumente uit die tydperk wys hulle het Bo-Egipte beheer saam met die 22ste Dinastie kort voor die dood van Osorkon II. Die bekende heersers was:

Farao Troonnaam Bewind
Harsiese A Hedjcheperre-Setpenamoen 880-860 v.C.
Takelot II Hedjcheperre-Setpenre 840-815 v.C.
Pedoebast I Oesermaatre-Setpenamoen 829-804 v.C.
Ioepoet I ?? 829-804 v.C.
Sjesjonk VI Oesermaatre-Meryamoen 804-798 v.C.
Osorkon III Oesermaatre-Setpenamoen 798-769 v.C.
Takelot III Oesermaatre 774-759 v.C.
Roedamoen Oesermaatre-Setpenamoen 759-755 v.C.
Ini Mencheperre 755-750 v.C.
Peftjaoeawybast Neferkare 754-720 v.C.
Voorafgegaan deur
22ste Dinastie
23ste Dinastie Opgevolg deur
24ste Dinastie