Pallas het ’n groot baanhelling en eksentrisiteit. | |
Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | Heinrich Wilhelm Olbers |
Datum | 28 Maart 1802 |
Kleinplaneet-benaming | (2) Pallas |
Kleinplaneet-kategorie | Asteroïdegordel Pallas |
Etimologie | Pallas (Griekse godin)[2] |
Wentelbaaneienskappe [3] | |
Epog 23 Maart 2018 | |
Afelium | 3,4119 AE |
Perihelium | 2,1336 AE |
Halwe lengteas | 2,7728 AE |
Wentelperiode | 4,62 jaar (1 686 dae) |
Gem. anomalie | 334,32° |
Gem. beweging | 0° 12m 48.6s / dag |
Baanhelling | 34,837° |
Lengteligging van stygende nodus | 173,08° |
Periheliumhoek | 310,01° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 550 x 516 x 476 km[4] |
Oppervlakte | 8,3±0,2×105 km2 |
Volume | 7,1±0,3×107 km3 |
Massa | 2,11±0,26×1020 kg |
Gem. digtheid | 3,0±0,5 g/cm3 |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ≈ 0,21 m/s² (gemiddeld) |
Ontsnapping- snelheid | ≈ 0,33 km/s |
Rotasieperiode | 7,8132 h[5] |
Rotasiespoed by ewenaar | 65 m/s |
Ashelling | 84±5 °[4] |
Spektraaltipe: | B[3][6] |
Skynmagnitude | 6,49[7] tot 10,65 |
Absolute magnitude | 4,13[8] |
Hoekgrootte | 0,629″ tot 0,171″[9] |
Pallas (kleinplaneetnaam: 2 Pallas) is die tweede asteroïde wat ontdek is; die eerste een was Ceres. Dit is ook een van die grootste asteroïdes in die Sonnestelsel. Met ’n geraamde massa van 7% van dié van die asteroïdegordel, is dit die een met die derde grootste massa, sowat 10-30% minder as Vesta s'n.[10] Sy deursnee is 512 km, wat ietwat kleiner as Vesta s’n is. Dit is waarskynlik die oorblyfsel van ’n protoplaneet.
Toe Pallas op 28 Maart 1802 deur die Duitse sterrekundige Heinrich Wilhelm Olbers ontdek is, is dit as ’n planeet beskou, nes ander asteroïdes in die vroeë 19de eeu. Die ontdekking van baie asteroïdes ná 1845 het daartoe gelei dat hulle eindelik herklassifiseer is.
Pallas se oppervlak bestaan waarskynlik uit ’n silikaatmateriaal; sy spektrum en geraamde digtheid stem ooreen met dié van koolstofryke chondrietmeteoriete. Sy wentelbaan het ’n ongewoon groot helling van 34,8° tot die vlak van die asteroïdegordel en die eksentrisiteit daarvan is amper so groot soos dié van Pluto. Dit maak Pallas relatief onbereikbaar vir ruimtetuie.
Vanweë Pallas se grootte is hy voorheen as ’n moontlike dwergplaneet beskou, maar hy het nie die ronde vorm van ’n dwergplaneet nie.[4]
{{cite journal}}
: Gaan datum na in: |archive-date=
(hulp)