Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | IRAS |
Datum | 11 Oktober 1983 |
Alternatiewe name | 1983 TB |
Kleinplaneet-kategorie | Apollo-asteroïde[1] |
Etimologie | Griekse mitologie |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Epog 455960.5 (3-Feb-'12) | |
Afelium | 2,4025673046(8) AE |
Perihelium | 0,13965370(2) AE |
Halwe lengteas | 1,2711105013(4) AE |
Wentelperiode | 1,43 jr. |
Gem. omwentelingspoed | km/s |
Gem. anomalie | 298.5697911(12) ° |
Baanhelling | 22,230695(5) ° |
Lengteligging van stygende nodus | 265,288532(4) ° |
Periheliumhoek | 322,116906(4) ° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 5,8 km |
Rotasieperiode | 3,604 uur[1] |
Spektraaltipe: | F (Tholen) B (SMASSII) |
Absolute magnitude | 14,6[1] |
3200 Phaethon is 'n hemelliggaam wat gewoonlik as asteroïde geklassifiseer word, hoewel sy herkoms onseker is. Dit is in 1983 ontdek.
Phaethon het 'n seldsame blou kleur, 'n lae albedo (0,07) en 'n sterk elliptiese wentelbaan wat van digby die son tot buite Mars se wentelbaan strek. Hierdie baan lyk soos 'n komeet s'n, maar in teenstelling met komete vorm Phaethon geen koma, 'n wolk van stof en gas, nie. Phaethon kan ook tot naby die Aarde kom. Dit het in 1974 gebeur en weer op 16 Desember 2017, toe dit 10,3 miljoen kilometer van ons planeet af verbygeskeer het. Die blou kleur is waarskynlik die gevolg van die hoë temperatuur (800 oC) waaraan Phaethon in die nabyheid van die son blootgestel word. Phaethon se wentelbaan kom ooreen met die bane van die Geminides, wat in Desember altyd vir 'n meteoorreën sorg. Daar word vermoed dat Phaethon dit veroorsaak.[2]
Die Japannese ruimtevaartorganisasie JAXA het planne vir 'n sending in 2022 om die DESTINY+-ruimtetuig by Phaethon te laat verbyvlieg. [2]