Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Suicide Squad XXX: An Axel Braun Parody (gekies uit die wenners van al die kategorieë)
Meeste pryse
Suicide Squad XXX: An Axel Braun Parody (9)
Die 34ste AVN-prystoekenning was ’n pornografiese prystoekenningsaand waar die beste akteurs, aktrises, regisseurs en rolprente van tussen 1 Oktober 2015 en 30 September 2016 in die volwasserolprentbedryf aangewys is. Dit is op 21 Januarie 2017 in die Hard Rock Hotel & Casino in Las Vegas gehou.
Die webkameraster Aspen Rae en die vorige jaar se vroulike kunstenaar van die jaar, Riley Reid, was die aanbieders, albei vir die eerste keer.[1] Die seremoniemeester was die komediant Colin Kane.
Suicide Squad XXX: An Axel Braun Parody het die meeste pryse, nege, gewen – insluitende beste rolprent, beste parodie en beste aktrise vir Kleio Valentien.[2]
Die grootste pryse, vir vroulike en manlike kunstenaar van die jaar, is gewen deur Adriana Chechik en Mick Blue. Blue het dié prys vir die derde agtereenvolgende jaar ingepalm. Prente wat drie of meer pryse gewen het, is Suicide Squad XXX: An Axel Braun Parody, The Submission of Emma Marx: Exposed, The Preacher's Daughter[3] en Natural Beauties.
Hier volg van die wenners[2][4] en benoemdes.[5] Wenners word in vetdruk aangedui.
AVN het op 28 Desember 2016 aangekondig die volgende mense word in die heldesaal opgeneem:
Videotak: Monique Alexander, Mick Blue, Stuart Canterbury, Cassidey, Rinse Dream, Kelly Holland, Steve Holmes, Sara Jay, Tory Lane, Mandingo, Daisy Marie, Aurora Snow, Charmane Star, Mark Stone, Christian XXX[6]
Uitvoerende tak: Joe Dambrosio, Danny Gorman, Jeff Steward, Gabor Szabo[6]
Internetstigterstak: Gyorgy Gattyan, Michael Reul, Jim McBride[6]
Plesierproduktetak: Chuck Harnish, Jim Horne, Big Al Bedrosian, Dell Williams[7]