![]() 7 Iris tussen talryke sterre. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | John Russell Hind |
Datum | 13 Augustus 1847 |
Kleinplaneet-benaming | (7) Iris |
Kleinplaneet-kategorie | Asteroïdegordel |
Etimologie | Iris (Griekse godin) |
Wentelbaaneienskappe | |
Epog 26 November 2005 | |
Afelium | 2,937 AE |
Perihelium | 1,833 AE |
Halwe lengteas | 2,385 AE |
Wentelperiode | 3,68 jaar (1 345,375 dae) |
Gem. omwentelingspoed | 19,03 km/s |
Gem. anomalie | 269,531° |
Baanhelling | 5,527° |
Lengteligging van stygende nodus | 259,727° |
Periheliumhoek | 145,440° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 240 × 200 × 200 km[1] 225 × 190 × 190 km[2] 199.8 ± 10 km[3] |
Oppervlakte | 135 000 km2 |
Volume | 4 630 000 km3 |
Massa | 1,62 ± 0,09 ×1019 kg[1] |
Gem. digtheid | 3,21 ± 0,49 g/cm³[1] |
Rotasieperiode | 0,2975 dae[4] |
Rotasiespoed by ewenaar | 25,4 m/s |
Temperatuur | ~171 K maks.: 275 K (+2 °C) |
Spektraaltipe: | S |
Skynmagnitude | 6,7[5][6] tot 11,4 |
Absolute magnitude | 5,51 |
Hoekgrootte | 0,32" tot 0,07" |
Iris (kleinplaneetnaam: 7 Iris) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel. Dit is die vierde helderste voorwerp in die gordel en word geklassifiseer as ’n S-tipe asteroïde, wat beteken dit het ’n klipagtige samestelling. Dit het ’n groot helder streek in sy noordelike halfrond.[7] Dit is oor die algemeen baie helder en sy oppervlaksamestelling is waarskynlik ’n mengsel van nikkel-yster met magnesium-en-ystersilikate.
Iris het met opposisie ’n gemiddelde skynbare magnitude van +7,8, vergelykbaar met dié van Neptunus, en kan met die meeste opposisies met ’n verkyker gesien word. Dit is dan meestal helderder as die groter maar donkerder 2 Pallas.[8] Soms kan dit naby perihelium ’n magnitude van +6,7 bereik, wat helderder as 1 Ceres is.
last obs
{{cite book}}
: Onbekende parameter |last-author-amp=
geïgnoreer (hulp)