Kaart | Wapen |
Seël | |
Land | Denemarke |
Administratiewe streek | Nordjylland |
Koördinate | 57°03′N 9°55′O / 57.050°N 9.917°O |
Stigting | 1035 (eerste verwysing) |
Amptelike stigting | 16 Junie 1342 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 50,7 vk km |
Hoogte bo seevlak | 55 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2023) | 119 862 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 364,14/vk km |
- Stedelike gebied | 143 598 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,6 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 0,2 / 16,0 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 600,1 mm |
Burgemeester | Lasse Frimand Jensen (S) |
Amptelike webwerf | aalborg.dk |
Aalborg of Ålborg (Deens: [ˈʌlˌpɒˀ], ) is die vierde grootste stad van Denemarke ná Kopenhagen, Aarhus en Odense met 'n oppervlakte van 50,7 vierkante kilometer en 'n bevolking van 119 862 (soos op 1 Januarie 2023). Dit lê in die noorde van Jutland aan die nouste punt van die Limfjord wat die Noordsee in die weste met die Kattegat in die ooste verbind en die eiland Vendsyssel-Thy in die noorde van Jutland in die suide skei. Aalborg is die hoofstad en grootste stad van die administratiewe streek Nordjylland.
Aalborg het ontstaan uit 'n Wikingnedersetting en na die stad is in die 11de eeu vir die eerste keer verwys as Alabu of Alabur wat "die (woon)plek by die stroompie" beteken.[1] As gevolg van sy strategiese ligging het die stad reeds in die Middeleeue in 'n belangrike hawestad ontwikkel. Later het dit ook 'n belangrike nywerheidstad geword. Die domkerk van Aalborg is van die bekendste besienswaardighede en behoort aan die Deense Volkskerk.