Aapstertsteekgras

Aapstertsteekgras
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Aristida
Spesie:
A. congesta
Binomiale naam
Aristida congesta
Roem. & Schult.

Aapstertsteekgras (Aristida congesta Roem. & Schult.) is 'n grasspesie wat inheems is aan alle provinsies van Suid-Afrika asook aan Namibië, Botswana, Eswatini, Lesotho, Mosambiek en verder tot langs die Middellandse See. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.[1]

SANBI vermeld twee subspesies:

  • Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. congesta
  • Aristida congesta Roem. & Schult. subsp. barbicollis (Trin. & Rupr.) De Winter[2]

Dit is 'n meerjarige digte polgras wat 10 - 75 cm hoog word. Die blare kan plat of gevou wees. Die pluime is 3 – 20 cm lank. Dit het stekeltjies met ongelyke kaffies. Die boonste is die grootste en kan 6,5 – 10 mm lank word. Dit kom in bladwisselende bosland op klipperige hellings of versteurde plekke voor.[3]

Beweiding

[wysig | wysig bron]
Skets deur Roem. & Schult.
Die bloeiwyse, midwinter

Dit het min waarde vir beweiding, behalwe as dit jonk is:

EIW SWIW LnregWIW
Weidingsindekswaarde[4] 1 1.3 1.04

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
  2. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
  3. "FAO" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2017. Besoek op 1 Januarie 2017.
  4. P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.