Aarhus Europese Kultuurhoofstad 2017 | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Seël | |
Land | Denemarke |
Administratiewe streek | Midtjylland |
Koördinate | 56°09′N 10°13′O / 56.150°N 10.217°O |
Stigting | 8de eeu |
Stadstatus | 15de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 98,4 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0–105 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2023) | 290 598 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 854/vk km |
- Stedelike gebied | 361 544 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 0,2 / 16,2 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 722 mm |
Burgemeester | Jacob Bundsgaard (S) |
Amptelike webwerf | aarhus.dk |
Aarhus (Deens: [ˈɒːˌhuˀs], ), van 1948 tot 1 Januarie 2011 amptelik Århus, is die tweede grootste stad van Denemarke ná die hoofstad Kopenhagen met 'n oppervlakte van 98,4 vierkante kilometer en 'n bevolking van 290 598 (soos op 1 Januarie 2023). Dit lê aan die ooskus van Jutland langs die Kattegat sowat 187 km noordwes van Kopenhagen en is die grootste stad op die Deense vasteland. Aarhus is die grootste stad van die administratiewe streek Midtjylland, maar nie die hoofstad nie; dit is Viborg.
Aarhus het ontstaan uit 'n Wikingnedersetting aan die rivier Aarhus Å se monding in die Kattegat, waarvandaan die ou stadsnaam Aros ontleen is, wat "die monding van die stroom" beteken.[1] In 948 is vir die eerste keer na Aarhus as 'n biskopsetel verwys en dit het gedurende die Middeleeue in 'n bloeiende seehandelsstad ontwikkel. Ná die ekonomiese agteruitgang as gevolg van die Dertigjarige Oorlog kon Aarhus eers in die 19de eeue met die beginnende industrialisasie en die uitbreiding van die hawe herstel. As 'n belangrike knooppunt vir pad- en spoorwegvervoer het die stad die ekonomiese sentrum van Jutland geword en beskik deesdae oor veelsydige nywerhede. Die seehawe Aarhus Havn is die grootste houerterminaal in Denemarke.
Saam met Paphos in Siprus is Aarhus aangewys as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2017. Die domkerk van Aarhus is van die bekendste besienswaardighede en behoort aan die Deense Volkskerk.