Abdastartus | ||
Koning van Tirus | ||
Bewind | 929-921 v.C. | |
Voorganger | Baäleser I | |
Opvolger | Astartus | |
Gebore | 950 v.C. | |
Gesterf | 921 of 920 v.C. | |
Vader | Baäleser I |
Abdastartus (Fenisies: 𐤏𐤁𐤃𐤏𐤔𐤕𐤓𐤕 ’bd’štrt, moontlik uitgespreek ’Abd-’Ashtart) was 'n koning van Tirus en die kleinseun van Hiram I. Die enigste inligting wat oor hom bekend is, kom van die volgende opmerking van die Fenisiese skrywer Menander van Efese, soos aangehaal in Josephus se Teen Apion i.18:
Ná die dood van Hirom het Beleazarus, sy seun, die koninkryk oorgeneem; hy het 43 jaar oud geword en sewe jaar regeer. Sy seun Abdastartus het hom opgevolg; hy het 29 jaar oud geword en nege jaar regeer. Vier seuns van sy verpleegster het teen hom saamgesweer en hom vermoor.
Volgens Menander/Josephus het Abdastartus dus sy bewind begin sewe jaar ná die dood van sy oupa, Hiram I. Die bewindsdatums van Hiram en die volgende konings is geskoei op die studies van J. Liver,[1] J.M. Peñuela,[2] F.M. Cross,[3] en William H. Barnes,[4] wat almal saamstem oor die betekenis van die inskripsies.[5] Vroeëre studies wat verskil, gee ander datums aan vir die konings van Tirus.