Abednego (Abed-Nego = "kneg van Nebo") is die Babiloniese naam wat Daniël se vriend Asarja van die owerste van koning Nebukadnesar se hofdienaars ontvang het. Nebo was die god van Borsippa - die Babiloniese god van skryfkuns, van handel en verkeer, en van die sterrewiggelaars. Sy planeet is Mercurius.
Daniel 1: 7, Daniel 2: 49, Daniel 3: 12-20