Abibaäl | ||
Koning van Tirus | ||
Bewind | Tot 981 v.C. | |
Voorganger | Onbekend | |
Opvolger | Hiram I 980-947 v.C. | |
Gebore | Onbekend | |
Gesterf | 981 of 980 v.C. | |
Vader | Onbekend |
Abibaäl (Fenisies: 𐤀𐤁𐤉𐤁𐤏𐤋 ʾabībaʿl, "My vader is Baäl") was in die 10de eeu v.C. koning van Tirus.[1] Hy was die pa van die beroemde koning Hiram I.
Die enigste inligting oor hom wat bekend is, kom uit twee paragrawe van Josephus se Teen Apion, i.117 en i.118.[2] Al wat gesê word, is dat hy voor sy seun, Hiram, koning van Tirus was. Niks word gesê oor die lengte van sy bewind of sy voorgangers nie.
Die datum van Abibaäl se bewind hang dus af van die datums wat vir sy seun bereken is. Hier is dit net Abidaäl se sterfdatum wat bepaal kan word, geskoei op die inligting in Josephus oor die lengte van die tyd tussen die stigting van Kartago (of Dido se vlug uit Tirus) tot met die eerste bewindsjaar van Hiram. (Sien die artikel oor Hiram I vir die besonderhede oor hoe dié datum bereken is.)