Acanthosicyos naudinianus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Cucurbitales |
Familie: | Cucurbitaceae |
Genus: | Acanthosicyos |
Spesie: | A. naudinianus
|
Binomiale naam | |
Acanthosicyos naudinianus | |
Sinonieme[2] | |
|
Acanthosicyos naudinianus, bekend as die gemsbokkomkommer, is 'n meerjarige Afrikaspanspek met eetbare vrugte en sade.[3] Die plant is groen en die blomme geel. Die vrugte is eetbaar, maar as dit geëet word voordat dit ryp is, sal dit 'n brandende sensasie in die mond veroorsaak. Dit is nie giftig nie, maar dit kan saam met die bloed van die larwe van die Diamphidia-kewer gebruik word om 'n gif vir 'n gifpyl te maak.[4]
Jong vrugte is groen en word geel by rypheid en bedek met opvallende stekels. Die vrugvleis in die binnekant is gelerig-groen en bevat talle pitte. Wydverspreid en algemeen na goeie somerreëns.[5]