Acanthuridae | |
---|---|
Acanthurus sohal | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Acanthuridae |
Genera | |
Acanthurus |
Die Doktervisse, tange en eenhoringvisse (Acanthuridae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is drie subfamilies in die familie maar slegs die volgende twee kom in Suider-Afrikaanse water voor: Acanthurinae en Nasinae.
Die familie is eerder rondvormig as plat met 'n enkele, lang dorsale vin en die anale vin is ook lank. Die pensgedeelte is wit.
Daar is vier genera met een en vyftig spesies wat hoort tot dié subfamilie en negentien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Die subfamilie staan ook bekend as die doktervisse en hul lywe is rondvormig. Daar is 'n skerp stekel in die stertvin. Die subfamilie word tussen 18 – 63 cm groot. Die subfamilie verkies om in vlak water te leef in tropiese en subtropiese seë maar 'n paar kan voorkom tot op dieptes van 100 m. Hulle vreet oor die algemeen alge, detritus en soöplankton.
Die detritus-eters (Ctenochatus) neem baie sand saam met hulle kos in en het harde mae met dik lae om die kos te verteer en net soos die meeste herbivore, lang spysverteringskanale. Die doktervisse skiet kuit saam in groepe en die eiers en larwes is pelagies.
Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Die enkele grootste kenmerk van die subfamilie is die groot beenagtige horing wat ontwikkel tussen die oë van party spesies. Die doel van die horing is onbekend. Die subfamlie word tot 35 – 100 cm lank, lengte van die horing uitgesluit.
Daar is slegs een genus met agttien spesies wat hoort tot dié sub-familie en twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Acanthuridae. |