Achmed Sjah Massoed | |
---|---|
| |
Bynaam(e) | "Leeu van Panjshir" |
Geboortedatum | 2 September 1953 |
Geboorteplek | Bazarak, Panjshir, Afghanistan |
Sterfdatum | 9 September 2001 (48 jaar oud) |
Sterfplek | Takhar, Afghanistan |
Lojaliteit | Moejahideen Afghaanse weermag Noordelike Alliansie |
Jare in diens | 1978-2001 |
Rang | Bevelvoerder Minister van Verdediging Vise-President van Afghanistan |
Poste beklee | Bevelvoerder van die Moejahideen tydens die Sowjetse inval in Afghanistan Minister van Verdediging en leier van die Noordelike Alliansie teen die Taliban |
Veldslae/oorloë | Sowjetse inval in Afghanistan Afghaanse burgeroorlog † |
Toekennings | Nasionale held van Afghanistan |
Achmed Sjah Massoed (Persies: احمد شاه مسعود; 2 September 1953 – 9 September 2001) (ander transkribering sluit in Ahmad, Massoud) was 'n ingenieurstudent aan die Universiteit van Kaboel wat 'n Afghaanse militêre leier geword het en 'n leidende rol gespeel het om die Sowjet leër uit Afghanistan te dryf. 'n Prestasie wat hom die bynaam die Leeu van Panjshir besorg het. Massoud was 'n etniese Tajik wat algemeen gerespekteer is as 'n leier deur 'n deel van die Afghanistan bevolking. In die vroeë jare 1990 het hy die Minister van Verdediging geword onder President Burhanuddin Rabbani. Na die val van die Rabbani regering en die opkoms van die Taliban, het Massoud die militêre leier van die Noordelike Alliansie geword. Die Alliansie was 'n koalisie van verskeie Afghaanse opposisie groepe betrokke in 'n langdurige burgeroorlog. Soos die Taliban beheer oor Afghanistan oorgeneem het, is Massoud se magte toenemend in die bergagtige dele van die noorde ingedryf. Die Noordelike Alliansie het later slegs 10% van Afghanistan se grondgebied beheer en ongeveer 30% van die bevolking.
Massoud was die slagoffer van 'n selfmoordaanval wat plaasgevind het in Khvajeh Ba Odin op 9 September 2001, twee dae voor die terroristeaanval op 11 September 2001 in die Verenigde State. Die tydsberekening word deur sommige kommentators as betekenisvol beskou. Volgens hulle het Osama bin Laden die sluipmoord beveel ten einde te verseker dat die Taliban hul steun en samewerking steeds verleen in die lig van die New York-operasie. Die aanvallers was twee Arabiere wat beweer het dat hulle Belge is, oorspronklik afkomstig uit Marokko. Dit het later geblyk dat hulle paspoorte gesteel was. Volgens sommige weergawes het hulle hulself voorgedoen as joernaliste, moontlik met die bedoeling om verskeie Raadslede van die Noordelike Alliansie gelyktydig aan te val.
Hulle het 'n bom ontsteek wat óf in 'n videokamera, óf aan 'n gordel versteek was. Dit blyk dat Massoud binne 30 minutes gesterf het, alhoewel sy dood eers amptelik aangekondig is op 13 September. Een van die aanvallers het self in die ontploffing gesterf en die ander dood geskiet toe hy gepoog het om te ontsnap.
Die Franse intelligensiediens het op 16 Oktober 2003 bekend gemaak dat die kamera gebruik deur Massoud se sluipmoordenaars gesteel is van 'n fotograaf-joernalis Jean-Pierre Vincendet in Grenoble, Frankryk gedurende Desember 2000.
Massoud is die onderwerp van Ken Follett se Lie Down With Lions, 'n roman oor die Sowjet inval van Afghanistan.