ʾĀdam آدم Adam | ||
Islamitiese profeet | ||
Die naam ʾĀdam in Islamitiese kalligrafie, gevolg deur "vrede vir hom". | ||
Bekend vir | Eerste mens | |
Familie | ||
Gade | حواء Hawwā (Eva) | |
Kinders | Kain, Abel, Set |
Stamboom van ses belangrike profete in Islam | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Stippellyne dui verskeie nageslagte aan |
Adam (Arabies: آدم ʾĀdam) is volgens sommige die eerste mens, en daarom is hy in Islam die eerste profeet op aarde.[1] Moslems bejeën sy rol as die vader van die mensdom met gesag. Hulle verwys ook na sy vrou, Eva (Hawwa), as die "moeder van die mensdom".[2] Moslems beskou Adam as die eerste Moslem omdat die Koran dit stel dat al die profete dieselfde geloof van onderwerping aan God gepredik het.[3] En volgens die Koran het Allah die mens Moslems (onderwerpers aan God) genoem in geskrifte voor en in die Koran.[4]
Verder bid Abraham in die Koran en vra Allah om sy nageslag as Moslems groot te maak.[5]
Die Koran en hadit gee dieselfde weergawe van die skepping van Adam en Eva. Toe Allah die engele inlig dat hy ’n opvolger op aarde gaan plaas, het hulle gevra of die mens bloedvergieting en skade sou veroorsaak, maar Hy het vir hulle gesê Hy weet wat hulle nie weet nie.[6] Hy het Adam uit klei geskep en lewe in hom geblaas. Hadit voeg by hy is Adam genoem na die klei waaruit hy gemaak is, of die "vel" (adim) van die aarde.
Volgens die Koran het al die engele Allah gehoorsaam toe Hy vra dat hulle voor Adam buig, buiten ’n djien met die naam Iblies wat onder die engele teenwoordig was. Hy het geantwoord: Ek is beter as hy; U het my uit vuur geskape, terwyl U hom uit klei geskape het.[7] Ek gaan my nie aan [hom] prostreer nie.[8]
Volgens Soennitiese hadit het God ’n ribbebeen van Adam geneem terwyl hy geslaap het om Eva te skape. Hoewel die skepping van Adam en Eva in die Koran genoem word, word die presiese metode van die skepping nie genoem nie.[9] Volgens die Koran het God vir Adam en Eva opdrag gegee om die vrugte van een boom in die Tuin van Eden nie te eet nie, maar Iblies het hulle oorreed om daaraan te proe. Hulle het hulle toe begin bedek, want hulle het besef hulle is nakend.[10] Daarvoor is Adam en Eva na die aarde verban.[9]
Profete van Islam, soos in die Koran genoem. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|