Adriaan van Dis | |
---|---|
Gebore | 16 Desember 1946 Bergen, Noord-Holland |
Nasionaliteit | Nederland |
Beroep | Skrywer, televisieaanbieder, en joernalis |
Adriaan van Dis (gebore in 1946) is 'n Nederlandse joernalis, televisieaanbieder en skrywer. Sy ouers het 'n Indonesiese agtergrond.
Bewewens reisliteratuur soos Casablanca (1986) en In Afrika (1991) skryf hy ook fiksie, waaronder die romans Indische Duinen (1994) wat met die Gouden Uil-prys bekroon is, Dubbelliefde (1999), Familieziek (2002) en De Wandelaar (2007).
Van Dis is 'n bekende TV-aanbieder in Nederland en besoek Suid-Afrika gereeld.
Tikkop is geskryf na die omstrede Het beloofde land uit 1990, sy tweede roman oor Suid-Afrika.[1] Tikkop en Ik kom terug is in Afrikaans vertaal deur Dr. Daniel Hugo (As Tikkop en Ek kom Terug). Dit word uitgegee deur Protea Boekhuis.
Adriaan van Dis se werk sluit romans, novelles, kortverhale, essays, digkuns en toneelstukke in. Sy werk kan verdeel word in drie dele. Die eerste deel is geïnspireer deur sy reise na China, Afrika, Japan, Marokko en Mosambiek. Voorbeelde van die bogenoemde werke sluit Casablanca (1986) en In Afrika (1991) in. Die tweede deel van sy werke betrek sy Indiese jeug, wat werke insluit soos Nathan Sid (1983), Indische Duinen (1994) en Familieziek (2002).
Die derde deel sluit romans in oor ontluikende homoseksualiteit, soos Zilver (1988) en Dubbelliefde (1999). Dualisme is 'n belangrike tema in Van Dis se werke. Sy boeke is deurspek met teenstrydighede, soos swart/wit, sosiaal/anti-sosiaal en erfenis/eie identiteit. Sy styl, wat baie geprys is by die publikasie van Nathan Sid, is dikwels lig en eenvoudig, maar die eenvoud is dikwels misleidend en nodig om meer kontroversiële en delikate temas aan te raak, soos die trauma van oorlog.