Adi Shankara, die belangrikste voorstander van Advaita Vedanta.
Advaita Vedanta (Sanskrit: अद्वैत वेदान्त Advaita Vedānta, letterlik "niedualiteit") is ’n skool van Hindoefilosofie en ’n klassieke stelsel van spirituele bewuswording in die Indiese tradisie.[1] Die term "Advaita" verwys na die idee dat slegs Brahman eindelik werklik is; die waarneembare, verganklike wêreld is ’n denkbeeldige verskyning van Brahman – en die ware self, of atman, verskil nie van Brahman nie.[2]
Advaita Vedanta se wortels word teruggespeur na die oudste Upanishads. Dit steun op drie teksbronne bekend as die Prasthanatrayi, wat ’n verenigde vertolking gee van al die Upanishads,[3] die Brahma Sutras en die Bhagavad Gita.[4][5] Dit is die oudste bestaande subskool van Vedanta, wat een van die ses ortdokse Hindoefilosofieë is. Die bekendste voorstander van Advaita Vedanta was die 8ste-eeuse geleerde Adi Shankara.[6][7][8]
In Advaita Vedanta word geklem gelê op die idee dat moksha (vryheid, bevryding) in hierdie lewe bereik kan word, in teenstelling met ander Indiese filosofieë wat klem lê op moksha ná die dood.[9][10] Die skool gebruik begrippe soos Brahman, atman, maya (illusie) en dhyana wat in ander Indiese godsdienstradisies aangetref word,[5][11] maar wend dit op sy eie manier aan vir sy teorieë oor moksha.[12][13] Dit is een van die bes bestudeerde en invloedrykste skole van klassieke Indiese denke.[14][15] Baie geleerdes beskryf dit as ’n vorm van monisme,[16][17] terwyl ander dit beskryf as niedualisties.[18][19]
↑Joseph Milne (1997), "Advaita Vedanta and typologies of multiplicity and unity: An interpretation of nondual knowledge", International Journal of Hindu Studies, Volume1, uitg. 1, ble. 165–188
Fort, Andrew (1998), Jivanmukti in Transformation: Embodied Liberation in Advaita and Neo-Vedanta, State University of New York Press, ISBN978-0791439043
Fost, Frederic F. (1998). "Playful Illusion: The Making of Worlds in Advaita Vedanta". Philosophy East and West. University of Hawai'i Press. 48 (3): 387–405. doi:10.2307/1400333. JSTOR1400333.