Aeolis Mons | ||||
Die Curiosity-verkenningstuig het op 6 Augustus 2012 naby die voet van Aeolis Mons geland. | ||||
Soort | Berg | |||
Ligging | Gale-krater, Mars | |||
Hoogte | 5,5 km | |||
Ontdekking | ||||
Ontdekker | Nasa | |||
|
Aeolis Mons, of Berg Aeolis, is ’n berg op die planeet Mars. Dit vorm ’n piek binne die Gale-krater en is sowat 5,5 km hoog.
Die verkenningstuig Curiosity het op 6 Augustus 2012 naby die voet van Aeolis Mons geland.[1][2] Dit het in Junie 2013 ’n reis van 8 km na die voet van die berg begin. Dit sou ’n jaar neem en stilhouplekke insluit om die plaaslike terrein te verken.[3]
Op 11 September 2014 het Nasa aangekondig Curiosity het Aeolis Mons bereik.[4] Dit sal daar meer probeer uitvind oor die planeet se geskiedenis.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)