Afrika-diaspora verwys na die gemeenskappe regoor die wêreld wat ontstaan het uit die afstammelinge van die historiese verskuiwing van mense uit Afrika na meestal die Amerikas, Europa, Asië en die Midde-Ooste, maar ook na alle ander lande van die wêreld. Die uitdrukking diaspora is in besonder histories van toepassing op die mense van Wes- en Sentraal-Afrika wat tydens die Atlantiese slawehandel na die Amerikas verskeep is, waarvan die meeste in Brasilië beland het en die res in die Verenigde State van Amerika,[29] en elders.[30] Sommige navorsers identifiseer "vier sirkulatoriese fases" van migrasie uit Afrika.[31]
"[bestaande] uit mense van Afrika-oorsprong, wat buite die kontinent leef, ongeag hul burgerskap of nasionaliteit, en wat gewillig is om by te dra tot die ontwikkeling van die kontinent en die uitbou van die Afrika-unie." Sy grondwet verklaar dat hy (die Afrika-unie) "as 'n belangrike deel van ons kontinent, die Afrika-diaspora uitnooi aanmoedig om hul volle samewerking te bied en deel te word van die uitbou van die Afrika-unie."[33]
Die frase "Afrika-diaspora" het in die 1990's sy naam gekry, en in die 2000's stelselmatig 'n huishoudelike naam geword. Die term "diaspora" kom uit die konsep van die Joodse diaspora.[34]
Die meeste van die Afrika-diaspora is regdeur Asië, Europa en die Amerikas versprei. Dit het begin met die Arabiese- en Atlantiese slawehandel. Die Arabiere het dit in die 8ste eeu begin toe slawe uit die sentrale en oostelike gebiede van die kontinent (waar hulle bekend gestaan het as die Zanj) gevang en op die markte van die Midde-Ooste en Oos-Asië verkoop is. Aan die begin van die 15de eeu het Europeërs begin om mense in Wes-Afrika te vang of te koop vir die Europese markte, maar die grootste aantal slawe is na die Amerikas verskeep. Die Atlantiese slawehandel is in die 19de eeu stopgesit, en die Arabiese slawehandel het teen die middel van die 20ste eeu tot 'n einde gekom. Die verspreiding van mense deur slawehandel verteenwoordig die grootste gedwonge migrasies in die geskiedenis van die mensdom. Die ekonomiese uitwerking op Afrika was verwoestend, aangesien geslagte van jongmense uit hul gemeenskappe weggevoer en die samelewing ontwrig is. Sommige gemeenskappe wat uit die nasate van Afrika-slawe gebore is, bestaan tot vandag toe nog in Europa en Asië. In ander gevalle het swartes met nie-swartes ondertrou en hul nasate skakel in by die plaaslike gemeenskappe.
Die samevloeiing van veelvoudige etniese groepe van oraloor in die wêreld het multi-etniese gemeenskappe in die Amerikas gevorm. In Sentraal- en Suid-Amerika is die meeste mense afkomstig van Europa, inheemse Amerikaners, en van Afrika-afkoms. In Brasilië, waar sedert 1888, byna die helfte van die bevolking afkomstig is van Afrika-slawe, verskil die karaktertrekke oor 'n breë spektrum. In die Verenigde State van Amerika was daar histories 'n groter Europese bevolking in verhouding met slawe uit Afrika, veral in die noordelike streke. Daar was aansienlike rasse-ondertrouery in die koloniale Virginië, en ander vorms van rasvermenging gedurende die tyd van slawerny en die jare na die Amerikaanse Burgeroorlog.
Sedert die begin van die Spaanse ontdekkingstogte en koloniale bedrywighede in die Amerikas, het Afrikane uit Afrika suid van die Sahara, beide as gewillige ontdekkingsreisigers en ook as onwillige dwangarbeiders deel hiervan geword.[30][35] Juan Garrido was een so 'n Afrika-conquistador. Hy het die Atlantiese Oseaan in die 1510's as 'n vry man oorgevaar en aan die beleg van Tenochtitlan deelgeneem.[36] Lank voor Christophorus Columbus se reise was daar al Afrikane in Asië en Europa teenwoordig. Afrikane het in die laat 20ste eeu in toenemende getalle begin om na Europa en die Amerikas te emigreer, en daarmee nuwe Afrika-diasporagemeenskappe gevestig wat nie verband gehou het met die slawehandel nie.
Die Afrika-unie definieer die Afrika-diaspora as mens van Afrika oorsprong wat buite die kontinent bly, ongeag hul burgerskap en nasionaliteit en wat gewillig is om by te dra tot die ontwikkeling van die kontinent en uitbou van die Afrika-unie.
Sowat vier miljoen slawe is tussen 1500 en 1900 uit Afrika na eilandplantasies in die Indiese Oseaan weggevoer, sowat agt miljoen is na lande in die Middellandse See, en sowat 11 miljoen slawe het die slawehandel na die Nuwe Wêreld oorleef.[37] Hulle nasate is nou oor die aarde versprei, maar as gevolg van ondertrouery kan hulle nie noodwendig uitgeken word nie.
'n Lang rits van navorsers bevraagteken die konvensionele siening dat die Afrika-diaspora eenvoudig net die verspreiding van swart mense is. Vir hulle is dit 'n bevrydingsbeweging wat die uitwerking van rasse-onderskeiding teenstaan. Hulle huldig die houding dat Afrikane en hul nasate oorsee 'n stryd voer om die beheer oor hul eie lewens deur vrywillige migrasie, die handhawing van hul kultuur, en politieke opvattings en gebruike, terug te neem. Die navorsers impliseer ook dat daar 'n teenwoordigheid van weerstand met soortgelyke oogmerke by ander diaspora regdeur die wêreld bestaan.[38]
Navorsing die afgelope paar dekades oor die Afrika-diaspora het in besonder belanggestel in die rolle wat swartes speel om nuwerwetsheid in hul lewenstyl te bring. Dié neiging druis ook in teen die tradisionele eurosentriese siening wat in geskiedenisboeke oorheers word met die opvatting dat Afrikane en sy diaspora primitiewe slagoffers van slawerny sonder enige historiese eiendom is. Volgens die geskiedkundige Patrick Manning het swart mense hard gewerk binne die magte wat die moderne wêreld geskep het.[39]
Die ontslape kulturele en politieke teoretikus Richard Iton het voorgestel dat diaspora gesien moet word as 'n "kultuur van ontwrigting". Vir Iton is die tradisionele benadering tot die Afrika-diaspora dat daar gefokus moet word op die skeurings wat die Atlantiese slawehandel veroorsaak het, die begrippe van verspreiding, en die "siklus van behoud, verlossing, weiering en herwinning van Afrika".[40]:199 Die konvensionele raamwerk om diaspora te analiseer is, volgens Iton, gevaarlik aangesien dit aanvaar dat diaspora buite Afrika bestaan, wat terselfdertyd vir Afrika verloën en na dit verlang.
Afro-Amerikaners, Afro-Karibiërs, swart Kanadese nasate van Wes-Afrikaanse slawe wat na die Amerika, die Karibiese gebied en Suid-Amerika gebring is, asook die vrywillige immigrante en hul nasate wat later vanaf Afrika suid van die Sahara gekom het.
Zanj-nasate van die Zanj-slawe wie se voorgeslagte tydens die Arabiese slawehandel na die Midde-Ooste en ander dele van Asië gebring is.[41]
Siddhi- afstammelinge van Zanj-slawe wie se voorgeslagte na die Indiese subkontinent (Pakistan en Indië) gebring is. Hulle word in Pakistan ook Makrani genoem.
Afrika-nasate, saam met Europese- en inheemse Amerikaners se nasate, het bygedra tot die vestiging van Brasilië.
'n Outosomale genetiese navorsingstuk van 2015, wat ook die data van 25 ander navorsingstukke van 38 verskillende Brasiliaanse bevolkings ontleed het, het tot die gevolgtrekking gekom dat: Europese nasate 62% van die bevolking verteenwoordig, die Afrikane 17% en die inheemse Amerikaners 17%. Die Europese verteenwoordiging is die hoogste in Suid-Brasilië (77%), Afrika is die meeste in Noordoos-Brasilië (27%) en die inheemse Amerikaners is die beste verteenwoordig in Noord-Brasilië (32%).[42]
Afro-Amerikaners: daar is 'n geraamde 40 miljoen mense van swart Afrika-oorsprong in Amerika.
Afro-Suid-Amerikaners: 'n geraamde 10 miljoen in Suid-Amerika van Afrika wat 28% van die land se bevolking uitmaak indien veelrassige mulatto pardo Brasilianers saamgetel word. Baie van hulle het ook Europese en inheemse Amerikaanse bloed, en word pardo, of gemengde ras genoem.[43] Daar is ook 'n aansienlike aantal Afrika-nasate in Kuba, Haïti, Colombia en die Dominikaanse Republiek, waar daar in baie gevalle nasate met etniese groepe gedeel word.
↑(en) Bushnell, David & Rex A. Hudson (2010) "The Society and Its Environment"; Colombia: a country study: bl. 87, 92. Washington D.C.: Federal Research Division, Library of Congress.
↑"Censusstatistieken 2012"(PDF). Algemeen Bureau voor de Statistiek in Suriname (General Statistics Bureau of Suriname) (in Engels). p. 76. Geargiveer vanaf die oorspronklike(PDF) op 5 Maart 2016.
↑(en) Ade Ajayi, J. F; International Scientific Committee For The Drafting Of a General History Of Africa, Unesco (1 Julie 1998). General History of Africa. pp. 305–315. ISBN978-0-520-06701-1.
↑ 30,030,1(en) Warren, J. Benedict (1985). The Conquest of Michoacán. University of Oklahoma Press. ISBN0-8061-1858-X.
↑(en) "The Diaspora Division". Statement. The Citizens and Diaspora Organizations Directorate (CIDO). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2015. Besoek op 7 Januarie 2016.
↑(en) In an article published in 1991, William Safran set out six rules to distinguish "diasporas" from general migrant communities.
↑(en) Krippner-Martínez, James (Oktober 1990). "The Politics of Conquest: An Interpretation of the Relación de Michoacán". The Americas. 47 (2): 177–197. doi:10.2307/1007371. JSTOR1007371.
↑(en) Kwame Anthony Appiah; Henry Louis Gates. Africana: The Encyclopedia of the African and African American Experience. p. 327.