Afro-Amerikaners | |
---|---|
Totale bevolking: | 42 020 743[1] insluitende 3 091 424 met verwysing na beide swart en 'n ander ras (12,6% van die VS-bevolking) 2010 VS-sensus |
Belangrike bevolkings in: | Dwarsoor die Verenigde State, veral in die Suidstate en stedelike gebiede. |
Taal: | Engels (Amerikaanse Engels, Afro-Amerikaanse Engels) Louisiaanse Kreools, Gullah |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Protestante (78%); grootste minderhede Rooms-Katolieke (5%); Jehovah se Getuies (1%); Moslems (1%); ongebonde (12%)[2] |
Verwante etniese groepe: | Swart Hispaanse en Latyns-Amerikaners • Ander Afro-Amerikaanse volke van die Amerikas • Swart Kanadese • Sierra Leone Kreoolse mense • Amerikaans-Liberiese • Afro-Latyns-Amerikaners |
Afro-Amerikaners (Engels: African Americans, Afro-Americans of Black Americans) is 'n etniese groep in die Verenigde State met algehele of gedeeltelike afkoms van swart mense uit Afrika suid van die Sahara. Die term verwys na mense wat nasate van slawe in die Verenigde State is, terwyl mense uit Afrika wat in onlangs jare in die Verenigde State gevestig het, nie as Afro-Amerikaners beskou word nie omdat hulle nie deel van die Amerikaanse geskiedenis en herkoms is nie. Afro-Amerikaners vorm die derde grootste etniese groep van die Verenigde State na Wit Amerikaners en Hispaanse of Latyns-Amerikaners.[3] Groot stede met oorwegend Afro-Amerikaanse bevolking sluit in Detroit (84,3%), Jackson (80,1%), Birmingham (74,0%), Baltimore (65,1%), Memphis (64,1%), New Orleans (61,2%), Montgomery (57,4%), Atlanta (54,0%), Newark (52,4%), Cleveland (51,0%) en Washington, D.C. (50,7%). Die geskiedenis van die Afro-Amerikaners is gekenmerk deur hul stryd vir gelyke burgerregte en teen rassisme in die alledaagse lewe.
Die eerste swart mense is in 1526 deur Spanjaarde as slawe na die ontdekking van die Amerikas na Santo Domingo op Hispaniola gebring en aan planters verkoop.[4] Oorspronklik het slawe uit Afrika die inheemse werkers op die plantasies van die Europese koloniste vervang, nadat die inheemse volke van die Karibiese eilande heeltemal uitgeroei is en pous Paulus III in 1537 die verslawing van die Amerikaanse volke verbied het. Die grootskaalse invoer van slawe uit Afrika na die Suidelike Verenigde State het in die Britse kolonies van die 17de eeu sy aanvang geneem en 1619 in Jamestown, Virginië begin.[5]
Die ondertekening van die Verenigde State se onafhanklikheidsverklaring, waarin alle mense as gelyk voor God, toegerus met gelyke regte en hul strewe na geluk beskryf is, het nie die einde van slawerny in die VSA beteken nie. Selfs die noordelike deelstate, waar slawerny geen belangrike ekonomiese faktor was nie, het net rustig wette teen slawerny goedgekeur. In die suidelike deelstate was slawerny nie verbode nie. Met die verkiesing van Abraham Lincoln, wat die afskaffing van slawerny ondersteun het, en die daaropvolgende afskeiding van die Gekonfedereerde State van Amerika het in 1861 die Amerikaanse Burgeroorlog uitgebreek. Nadat die suidelike deelstate in 1865 verslaan en die Unie herstel is, is slawerny in die Verenigde State verban en alle slawe vrygelaat, maar hulle het nie dieselfde burgerregte soos Amerikaners van Europese afkoms ontvang nie. As reaksie op die slawe se vrylating is in 1865 die Ku Klux Klan gestig, wat met terror, geweld en lynchings Afro-Amerikaners en religieuse minderhede vervolg het.
As gevolg van die voortgesette konfrontasie met armoed en diskriminasie het tussen 1910 en 1970 sowat 6 miljoen van Afro-Amerikaners die suide verlaat en hulle in die Midweste, die Middel-Atlantiese deelstate, Nieu-Engeland en Kalifornië gevestig, bekend as Great Migration. Deur die huiwerige wetlike gelyke behandeling en die segregasiebeleid, wat sedert 1896 as separate but equal wetlik was, het in die 1950's die Afro-Amerikaanse Burgerregtebeweging onstaan, waarin mense soos Martin Luther King jr., Malcolm X en Stokely Carmichael saamgewerk het. Hulle het met politieke metodes van stryd soos boikotte, burgerlike ongehoorsaamheid en nie-gewelddadige weerstand gewerk en massabetogings georganiseer, waarvan die Mars op Washington van 1963 die bekendste is.
Met die begin van die Viëtnamoorlog het veral arm Afro-Amerikaners vrywillig na Viëtnam gegaan, omdat hulle van sosiale vooruitgang gedroom het. Namate die Burgerregtebeweging gegroei en het menseregteskendings in Viëtnam bekend geword het, het meer en meer Afro-Amerikaners hul militêre diens geweier. Een van die mees bekende was Muhammad Ali wat gesê het: "Ek het niks teen enige Viëtkong nie; geen Viëtkong het my ooit neger genoem nie".[6] Weens hierdie politieke druk het president Lyndon B. Johnson op 2 Julie 1964 die Wet op Burgerregte onderteken, wat aan Afro-Amerikaners die gelyke burgerregte gegee het. Die Afro-Amerikaanse Burgerregtebeweging is oorskadu deur die sluipmoorde op beide Malcolm X (21 Februarie 1965 in New York Stad) en Martin Luther King jr. (4 April 1968 in Memphis, Tennessee). Ongeag van die wetlike gelykheid en Barack Obama se verkiesing tot die VSA se eerste swart president in 2008 bestaan diskriminasies in die alledaagse lewe tot op vandag voort.
██ minder as 2% ██ 2–5% ██ 5–10% ██ 10–15% ██ 15–20% | ██ 20–25% ██ 25–30% ██ 30–35% ██ 35–40% |
Streek | Absolute getal | Aandeel van die Afro-Amerikaanse groep as 'n geheel |
---|---|---|
Suidelike Verenigde State | 19 528 231 | 53,6% |
Midweste | 6 838 669 | 18,8% |
Noordooste | 6 556 909 | 18,0% |
Weste | 3 495 625 | 9,6% |
Jaar | Getal | % van totale bevolking |
% verandering (10 jaar) |
Slawe | % in slawerny |
---|---|---|---|---|---|
1790 | 757 208 | 19,3% (hoogste) | – | 697 681 | 92% |
1800 | 1 002 037 | 18,9% | 32,3% | 893 602 | 89% |
1810 | 1 377 808 | 19,0% | 37,5% | 1 191 362 | 86% |
1820 | 1 771 656 | 18,4% | 28,6% | 1 538 022 | 87% |
1830 | 2 328 642 | 18,1% | 31,4% | 2 009 043 | 86% |
1840 | 2 873 648 | 16,8% | 23,4% | 2 487 355 | 87% |
1850 | 3 638 808 | 15,7% | 26,6% | 3 204 287 | 88% |
1860 | 4 441 830 | 14,1% | 22,1% | 3 953 731 | 89% |
1870 | 4 880 009 | 12,7% | 9,9% | – | – |
1880 | 6 580 793 | 13,1% | 34,9% | – | – |
1890 | 7 488 788 | 11,9% | 13,8% | – | – |
1900 | 8 833 994 | 11,6% | 18,0% | – | – |
1910 | 9 827 763 | 10,7% | 11,2% | – | – |
1920 | 10,5 miljoen | 9,9% | 6,8% | – | – |
1930 | 11,9 miljoen | 9,7% (laagste) | 13% | – | – |
1940 | 12,9 miljoen | 9,8% | 8,4% | – | – |
1950 | 15,0 miljoen | 10,0% | 16% | – | – |
1960 | 18,9 miljoen | 10,5% | 26% | – | – |
1970 | 22,6 miljoen | 11,1% | 20% | – | – |
1980 | 26,5 miljoen | 11,7% | 17% | – | – |
1990 | 30,0 miljoen | 12,1% | 13% | – | – |
2000 | 34,6 miljoen | 12,3% | 15% | – | – |
2010 | 38,9 miljoen | 12,6% | 12% | – | – |
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)Wikimedia Commons bevat media in verband met African Americans. |