Die afstand tussen punt A en G is AB + BC + CD + DE + EF + FG. Die verplasing is die kortste afstand tussen punte A en B en word aangedui deur die stippellyn AG.
Afstand is 'n numeriese beskrywing van hoe ver objekte van mekaar is.
Afstand word tipies gemeet in:
1000 mm = 100 cm = 10 dm = 1 m = 0.001 km
1 dm (duim) = 0.0254 m = 2.54 cm
1 vt (voet) = 12 dm (duim) = 0.3048 m = 30.48 cm
1 myl = 1600 m = 1.6 km
1 seemyl = 1852 m = 1.852 km
Die verskil tussen afstand en verplasing is dat afstand die werklike pad is tussen twee objekte, terwyl die verplasing die korste afstand tussen twee punte is.
Afstand = spoed × tyd
Δ
s
=
v
×
t
{\displaystyle \Delta s=v\times t}