Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Air Supply | |
---|---|
Graham Russell (links) en Russell Hitchcock (regs) van Air Supply, 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Melbourne, Australië |
Genres | Soft rock, pop rock |
Jare aktief | 1975–hede |
Etikette | Arista, Giant, A Nice Pear, EMI |
Webwerf | airsupplymusic.com |
Lede | Russell Hitchcock Graham Russell |
Gewese lede | Jeremy Paul, Jeff Browne, Mark McEntee, Adrian Scott, Nigel Macara, Brenton White, Alan Kendall, Joey Carbone, Robin LeMesurier, Howard Sukimoto, David Moyse, Ralph Cooper, Criston Barker, Frank Esler-Smith, David Green, Rex Goh, Brian Hamilton, Dron Murphy, Haydn Murphy, Don Cromwell, Wally Stocker, Joey Murcia, George Terry, Harold Cowart, Jed Moss, CJ Burton, Guy Allison, Jimmy Haun |
Air Supply is 'n Australiese sagterockduo. Die twee hooflede is Graham Russell en Russell Hitchcock. Hulle ontmoet op 12 Mei 1975 by die repetisies vir Jesus Christ Superstar in Sydney, Australië. Tydens hulle betrokkenheid by Jesus Christ Superstar, tree hulle laataande na die vertoning by restaurante, koffiekroeë en nagklubs op met een kitaar en hul twee stemme. Hulle maak 'n demokasset met twee liedjies wat hulle na al wat 'n platemaatskappy in Sydney neem, totdat hulle uiteindelik by CBS Records belangstelling opwek.[1] In 1976 stel hulle hul eerste enkelsnit Love and Other Bruises vry en dit bereik no. 6 op die Australian Kent Music Report Singles treffersparade.[2]