Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Noordryn-Wesfale |
Koördinate | 50°46′N 06°06′O / 50.767°N 6.100°O |
Stigting | 1ste eeu n.C. (Romeinse bad) |
Stadstatus | 8 Januarie 1166 (Vrye Ryksstad) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 160,83 vk km |
Hoogte bo seevlak | 125-410 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2009) | 258 380[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 607/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Marcel Philipp (CDU) |
Amptelike webwerf | www.aachen.de |
Aken (Duits Aachen, afgelei van Oud-Germaans Ahha „water“, Latyns Aquae Grani of Granni, later Aquisgranum, Frans Aix-la-Chapelle, Nederlands Aken, Luxemburgs Oochen, Öcher Platduits: Oche) is 'n selfregerende stad in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Sedert 1890 is dit die mees westelike Duitse stad met meer as 100 000 inwoners. Aken het vandag 'n bevolking van naastenby 260 000.
Die stad se geskiedenis dateer terug tot in die Jong-Steentydperk. Aken staan bekend vir sy ryk kulturele en boukundige erfenis en belangrike gebeurtenisse soos die toekenning van die Karlspreis.