Al-Ghazali | |
Geboortenaam | Abū Ḥāmid Muḥammad ibn Muḥammad al-Ghazālī |
---|---|
Gebore | ca. 5 Julie 1057 Tus, Persië, Seldjoekse Ryk |
Oorlede | 19 Desember 1111 (op 53) Tus, Persië, Seldjoekse Ryk |
Vakgebied | Soefisme, teologie (kalam), filosofie, logika, Islamitiese regswetenskap |
Beïnvloed deur | Imam al shafi'i, Al-Juwayni, Abu Talib al-Makki, Harith al-Muhasibi, Junayd al baghdadi, Abu yazid al bistami |
Invloed op | Ibn al-Arabi, Ibn Tumart, Abu Madyan, Fakhruddin Razi, Suyuti, Al-Nawawi, Maimonides, Thomas van Aquino, Raymund Martin, Ibn al-Haj al-Abdari, Nicholas van Autrecourt, Shah Waliullah Dehlawi, Abdul-Qader Bedil, Immanuel Kant |
Abū Ḥāmid Muḥammad ibn Muḥammad al-Ghazālī (ca. 5 Julie 1057 – 19 Desember 1111; Persies: ابو حامد محمد ابن محمد الغزالی), ook bekend onder die naam Algazel in die westerse wêreld, was 'n Islamitiese teoloog, regsgeleerde, filosoof, kosmoloog, sielkundige en mistieke van Persiese afkoms.[1][2] Hy word beskou as een van die mees invloedryke geleerdes in die geskiedenis van Sunni-moslem denke. Hy is gebore in Tus, Provinsie Khorasan, Persië.
Hy word beskou as die pionier van die metodes van skeptisisme. Met een van sy groot werke, Die onsamehangendheid van die Filosowe, het hy die vroeë Islamitiese filosofie uitgedaag. Hy was teen die vroeë Islamitiese filosofie van Islamitiese metafisika wat sterk deur antieke Griekse en Hellenistiese filosofie beïnvloed was. Die nuwe Islamitiese filosofie wat deur Al-Ghazali voorgestel is, is gebaseer op die teorie van oorsaak-en-effek wat word bepaal deur God of intermediêre engele, 'n teorie nou bekend as occasionalisme.
Al-Ghazali word soms gevier in beide die Ooste en die Weste as die grootste Moslem sedert Mohammed.[3]