Al Stewart

Al Stewart
Al Stewart in Februarie 2010 tydens 'n konsert in Santa Monica, Kalifornië
Agtergrondinligting
GeboortenaamAlastair Ian Stewart
Gebore5 September 1945 (1945-09-05) (79 jaar oud)
Glasgow, Skotland
GenresRock • pop • folk rock • psigedeliese rock • soft rock
Beroep(e)Musikant, sanger-liedjieskrywer
InstrumenteStem, kitaar, baskitaar, klavier, kitaar, tromme, harmonika
Jare aktief1966–hede
EtiketteCBS • RCA • EMI
Webwerfwww.alstewart.com

Alastair Ian Stewart (* 5 September 1945 in Glasgow, Skotland) is 'n Britse sanger-liedjieskrywer en folk rock-musikant wat gedurende die sogenaamde British folk revival, 'n herlewing van belangstelling in folkmusiek in die 1960's en 1970's, groot sukses behaal het met sy unieke musiekstyl en liedtekste waarin hy historiese gebeure beskryf of karakters uitbeeld.

Stewart het veral bekendheid verwerf met sy internasionale treffer Year of the Cat, die titellied van die gelyknamige platinum-langspeler wat in 1976 uitgereik is.