Alain Delon | |
Alain Delon in Rome (1959)
| |
Geboortenaam | Alain Fabien Maurice Marcel Delon |
---|---|
Geboorte | 8 November 1935 Sceaux, Hauts-de-Seine, Frankryk |
Sterfte | 18 Augustus 2024 |
Nasionaliteit | Frankryk Switserland (sedert 1999) |
Beroep(e) | Akteur, sakeman, vervaardiger, skrywer |
Aktiewe jare | 1957–2012 |
Webwerf | www.alaindelon.ch |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Alain Fabien Maurice Marcel Delon (8 November 1935 - 18 Augustus 2024) was 'n Franse akteur en sakeman.[1][2] Gedurende die 1960's en 1970's het hy internasionale bekendheid verwerf as een van Europa se gewildste rolprentsterre en manlike silwerdoek-sekssimbole. Gedurende sy loopbaan as akteur, waartydens hy in 'n tagtigtal rolprente opgetree het, het Delon met 'n verskeidenheid bekende regisseurs saamgewerk, onder wie Luchino Visconti, Jean-Luc Godard, Jean-Pierre Melville, Michelangelo Antonioni en Louis Malle. Dikwels het hy in sy rolprente die rolle van rowwe boosdoeners vertolk en ook in die openbare lewe graag die rol van enfant terrible gespeel; onder meer as aanhanger van Frankryk se regsgesinde party Front National en sy leier Jean-Marie Le Pen.
Alain Delon het sedert 1985 in Switserland gewoon en het in 1999 Switserse burgerskap as burger van die kanton Genève aanvaar.[3]
'n Groot verskeidenheid produkte word onder die handelsmerk Alain Delon bemark.[4]