Alan Hatherly (gebore 15 Maart 1996) is 'n Suid-Afrikaanse professionele bergfietsveldwedrendeelnemer.[1] Hy het die bronsmedalje by die Olimpiese Somerspele in 2024 gewen en met 'n tyd van 1:26:33 geëindig.[2]
Voorheen het hy aan die bergfiets- (cross-country) wedren by die Olimpiese Spele van 2016 deelgeneem.[3] Hy het in die 26ste plek geëindig met 'n tyd van 1:42:03. Hy het gekwalifiseer om Suid-Afrika by die Olimpiese Somerspele 2020 te verteenwoordig en het die wedren in die 8ste plek voltooi met 'n tyd van 1:26:33.[4][5]
In 2018 het Alan 'n bronsmedalje by die Statebondspele verower, en is daarna as die 2018 Onder-23 bergfietswêreldkampioen gekroon.
Vroeg in 2019 is aangekondig dat hy die Suid-Afrikaanse span, Team Spur, sal verlaat en vir 2019 vir die Specialized Factory-span sal ry. Hy het sedert die 2021-seisoen na Cannondale Factory Racing verskuif.
Sedert 2023 het hy ook aan padfietsrenne deelgeneem en aangesluit by die UCI Continental-span EF Education–Nippo Development Team.[6]
Op 1 September 2024 wen hy die Elite Wêreldtitel vir Veldwedrenne tydens die Wereldkampioenskappe te Pal Arinsal in Andorra.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)