Alan Rickman | |
---|---|
Alan Rickman in November 2011 | |
Gebore | Alan Sidney Patrick Rickman 21 Februarie 1946 |
Sterf | 14 Januarie 2016 (op 69) Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Akteur, regisseur |
Jare aktief | 1964–2016 |
Eggenoot | Rima Horton (2012–2016; sy dood) |
Ouer(s) | Margaret Doreen Rose (née Bartlett) Bernard Rickman |
Alan Sidney Rickman (21 Februarie 1946 – 14 Januarie 2016) was ’n Britse akteur. Rickman was lid van die Royal Shakespeare Company in sowel moderne as klassieke teaterproduksies. Sy groot deurbraak was in die rol van Vicomte de Valmont in die toneelstuk Les Liaisons Dangereuses in 1985, waarvoor hy ’n Tony gewen het. Rickman het wyer bekendheid verwerf deur sy rolprentoptredes, soos as Hans Gruber in Die Hard en Severus Snape in die Harry Potter-rolprentreeks.[1]
Rickman se ander fliekrolle sluit dié as die sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves, Jamie in Truly, Madly, Deeply, kol. Brandon in Ang Lee se 1995-film Sense and Sensibility, Harry in Love Actually, en P.L. O'Hara in An Awfully Big Adventure in. Meer onlangs was hy regter Turpin in die rolprentweergawe van Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street. In 1995 is ’n Golden Globe, Emmy en Filmakteursgilde-prys aan hom toegeken vir sy vertolking van die rol Rasputin in Rasputin: Dark Servant of Destiny.
Rickman en sy vrou, Rima Horton, het mekaar ontmoet toe hulle nog tieners was. Sy het later 'n lektor in ekonomie geword en 'n raadslid van die Britse Arbeidersparty. Die twee is eers in 2012 getroud nadat hulle sedert 1965 saam was.
Buiten bogenoemde pryse het hy ook ’n Bafta-prys gewen. Hy is in Londen aan kanker oorlede in die ouderdom van 69 jaar, vier dae ná die Britse sanger David Bowie, ook weens kanker en ook op die ouderdom van 69 jaar.
Wikiquote het aanhalings in verband met Alan Rickman |