Die Algemene Databeskermings Regulasie (GDPR of "General Data Protection Regulation", Regulasie 2016/679 in die Europese Unie) is wetgewing om privaatheid- en uitvoer van data vir alle individue binne die Europese Unie (EU) en die Europese Ekonomiese Gebied (EEA) te beskerm. Dit is daarop gemik om die regulasie te standariseer en te vereenvoudig en om strenger beheer oor data, in die hande van die publiek te sit.[1] Dit is slegs van toepassing op besighede.
Enigeen wat met persoonlike data werk moet duidelik die regsbasis vir die insameling en gebruik daarvan verduidelik, asook waar dit gestoor word en met wie dit gedeel word buite die unie. Verbruikers het die reg om 'n aflaaibare kopie van die data aan te vra, in 'n algemene formaat. Publieke owerhede en besighede met 'n hoofdoel rondom die verwerking van persoonlike data, word vereis om 'n databeskermingsoffisier aan te stel. Enige kennis van misbruik moet binne 3 dae aangemeld word.
Die regulasie is regtelik verklaar op 14 April 2016,[2] en het afdwingbaar geraak op 25 Mei 2018.[3] Aangesien die GDPR 'n regulasie is, en nie 'n direksie nie, is dit direk bindend en van toepassing sonder enige verdere wetgewing.[4] As gevolg van Brexit is dit nie afdwingbaar in die Verenigde Koninkryk nie, maar daar is 'n ekwivalente regulasie van krag sedert 23 Mei 2018: Die Databeskermingsakte van 2018.[5][6]
Die volgende strawwe kan opgelê word:
Die volgende word nie aangespreek nie:
Die regulasie het aanleiding gegee tot baie bespreking en omstredenheid.[8][9] Duisende wysigings is voorgestel.
Another issue that has been subject to a large number of comments... is the requirement to appoint a DPO
One of the politically most contentious innovations of the General Data Protection Regulation (GDPR) is the obligation to appoint a Data Protection Officer (DPO) in certain cases.