Ali علي بن أبي طالب | |
---|---|
Kalief van die Rasjidoen-kalifaat | |
Volle naam | Ali ibn Abi Talib (علي بن أﺑﻲ طالب) |
Regeer | 20 Junie 656 – 27 Januarie 661 |
Voorganger | |
Opvolger |
|
Gebore | ≈ 600,[1][2] óf 20 September 601[3] óf 17 Julie 607;[4] Kaäba,[1] Mekka, Arabië[1] |
Oorlede | 27 Januarie 661;[2][5] Groot Moskee van Koefa, Koefa, Irak |
Begrawe | Imam Ali Moskee, Najaf, Irak |
Ali ibn Abi Talib (599/600 tot 661; Arabies: علي بن أﺑﻲ طالب) was van 656 tot 661 die vierde en laaste van die "reggeleide" kaliefs van Islam. Hy was die neef en skoonseun van Mohammed. Hy is ook die eerste Sjiitiese imam.
Ná sy dood is die kalifaat opgeëis deur verskeie dinastieë, soos die Omajjadiese, die Abbasidiese en die Ottomaanse Kalifaat, totdat laasgenoemde in 1924 amptelik afgeskaf is met die stigting van die Republiek van Turkye.