Alija[1] (Hebreeus: עֲלִיָּה, "opkoms") is die immigrasie van Jode van die Joodse diaspora na histories die Heilige Land, wat vandag die moderne staat Israel insluit. Dit word gedefinieer as "die daad om op te gaan" – dus na Jerusalem. Om "alija" te maak deur na die land Israel te verhuis is een van die basiesste leerstellings van Sionisme.
Die teenoorgestelde aksie, emigrasie uit Israel, word in Hebreeus jerida ("daling") genoem.[2]
Vir 'n groot deel van hulle geskiedenis het die meeste Jode in die diaspora gewoon, waar alija as 'n nasionale ambisie vir die Joodse volk ontwikkel is. Dit is egter nie gewoonlik vervul nie, tot met die ontwikkeling van die Sionistiese beweging in die laat 19de eeu.[3]
Die grootskaalse immigrasie na Palestina het in 1882 begin.[4] Sedert die stigting van die moderne staat Israel in 1948 het miljoene Jode al na Israel verhuis.[5] Teen 2014 het Israel en die aangrense gebiede 42,9% van die wêreld se Joodse bevolking bevat.[6]
Die staat Israel se Terugkeerwet gee aan alle Jode, hulle kinders en hulle kleinkinders outomaties die reg om daar te woon en Israelse burgerskap te kry.