All Things Are Possible (ATAP) is 'n klein politieke party in Suid-Afrika.
Die party is gefokus op misdaad en geregtigheid, en vra vir die terugbring van die doodstraf.
Party leier Allan Pillay het verklaar dat nie een van die top-uitvoerende beamptes in die party eiendom het nie en dat hy sy huis verkoop het om die veldtog in 2019 te finansier.[1]
Die party neem slegs in die Wes Kaap deel tydens die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 en slaag nie daarin om enige setels te wen nie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |