Alloewamna

Alloewamna
Koning van die Hetiete
Bewind 15de eeu v.C.
(middelchronologie)
Voorganger Tahoerwaili[1] of Telepinoe[2]
Opvolger Hantili II
Vrou Harapseki
Kinders Hantili II[3]

Alloewamna was in die 15de eeu v.C. 'n koning van die Hetitiese Middelryk. Hy kon die opvolger gewees het van sy skoonpa, Telepinoe, [4][5] ná die bewind van Tahoerwaili.[1]

Familie

[wysig | wysig bron]

Alloewamna was getroud met Harapseki, die dogter van Telepinoe. Hulle seun was Hantili II.

Bewind

[wysig | wysig bron]

Alloewamna se bewind word bevestig deur 'n seël (SBo I.86) met die naam die Tabarnaseël. As 'n skoonseun van Telepinoe (hy was getroud met sy dogter, 'n prinses van die eerste rang) sou hy die eerste aanspraakmaker op die troon gewees het. Telepinoe het hom en sy vrou egter na Malitasjkoer [5](sien KUB 26:77) verban en dit is dus moontlik dat hy nie net ná Telepinoe se dood die troon bestyg het nie, maar eerder ná die bewind van Tahoerwaili, Telepinoe se neef.[1]

Volgens 'n teks van Alloewamna het hy grondgebied aan sy seun en waarskynlike opvolger, Hantili II, geskenk.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Bin-Nun, S.R. (April 1974). "Who was Tahurwaili, the grate king?". Journal of Cuneiform Studies. v26 (2).
  2. Myth And Politics In Ancient Near Eastern Historiography deur Mario Liverani, red., inleiding deur Zainab Bahrani en Marc van de Mieroop
  3. Johannes Lehmann: Die Hethiter, Volk der tausend Götter
  4. The Tawananna in the Hittite kingdom deur Shoshana R. Bin-Nun
  5. 5,0 5,1 The Kingdom of the Hittites deur Trevor Bryce, p. 119.
  6. The Great Empires of the Ancient World, red. Thomas Harrison, p.46

Skakels

[wysig | wysig bron]