Dit is ’n K-tipereusester van spektraaltipe K2,5 III, wat daarop dui dat dit die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg het. Dit het uitgesit tot 48 keer die sonradius en straal 980 soveel lig uit as die Son. Die fotosfeer het ’n effektiewe temperatuur van 4 256 K en dit het dus die tipiese oranje skynsel van K-tipe sterre.[8]
Die ster is sowat 430 ligjare van die Sonnestelsel af.[9] Dit is onduidelik of dit ’n metgeselster het.
↑ 4,04,1Johnson, H. L.; et al. (1966). "UBVRIJKL photometry of the bright stars". Communications of the Lunar and Planetary Laboratory. 4 (99). Bibcode:1966CoLPL...4...99J.{{cite journal}}: CS1 maint: postscript (link)
↑Pasinetti Fracassini, L. E. et al. (February 2001), "Catalogue of Apparent Diameters and Absolute Radii of Stars (CADARS)", Astronomy and Astrophysics367: 521–524, doi:10.1051/0004-6361:20000451, Bibcode: 2001A&A...367..521P.