François-Simon-Alphonse Giroux († 1 Mei 1848 in Parys, Frankryk) was ’n Franse kunsrestoureerder en meubelmaker.
Hy het as skilder onder Jacques-Louis David studeer en aan die einde van die 18de eeu ’n kunsretourasiesaak begin. Hy was die amptelike restoureerder van die Notre Dame-katedraal in Parys, asook van kunswerke deur Louis Daguerre, Charles Marie Bouton, Charles Arrowsmith, Charles Renoux en ander. Verder het hy meubels gemaak en gerestoureer.[1]
Giroux het ook daguerreotipe-kameras gemaak wat deur Daguerre ontwerp is.[2]