Altaar | ||||
Latynse naam | Ara | |||
Genitief | Arae | |||
Afkorting | Ara | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17,39h | |||
Deklinasie | -53,58º | |||
Grootte | 237 vk. grade (63ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 7 | |||
Helderste ster | Beta Arae | |||
Naaste ster | Gliese 674 | |||
Sterre helderder as 3 m | 2 | |||
Sterre met planete | 7 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 17 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Suidelike Kroon, Skerpioen, Winkelhaak, Suidelike Driehoek, Paradysvoël, Pou, Teleskoop | ||||
|
Die Altaar (Latyn: Ara) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim tussen die Skerpioen en die Suidelike Driehoek. Dit is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies.
Die Altaar se helderste ster, Beta Arae, het ’n oënskynlike helderheid van 2,9 mag. Gamma Arae is ’n dubbelster net suid daarvan. Daar word geglo Mu Arae het minstens vier planete wat om hom wentel.
Die noordwestelike hoek van die Altaar kruis met die Melkweg en bevat verskeie oop sterreswerms (onder meer NGC 6200) en newelvlekke (insluitende die helder swerm/newelvlek-paar NGC 6188 en NGC 6193). Die helderste ster van die bolvormige swerm NGC 6397 is net 6 500 ligjare weg, en dit is dus een van die naaste bolvormige swerms aan ons sonnestelsel.[1]
In die Griekse mitologie word Ara genoem as die altaar wat deur die siklope gebou is en waar die Olimpiese gode offerandes gebring en ’n verbond gesluit het voordat hulle die Titaniese gode aangeval het.[2]