Althorp



Althorp

naby Northampton, Northamptonshire

Engeland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk


Opgerig

1688


Boustyl

Tudor-styl


Webtuiste

Spencer of Althorp

Althorp ([ˈɔːlθɔrp] of [ˈɔːltrəp]) is 'n herehuis en landgoed van 60 km² (14 000 akkers) in Northamptonshire, Engeland. Dit is sowat 8 kilometer (5 myl) noordwes van Northampton geleë en dien as amptelike woning vir die graaf en gravin Spencer en hul gesin. Dit was vroeër ook die woning van Diana, Prinses van Wallis, suster van die huidige graaf Spencer, voor haar huwelik met Charles, Prins van Wallis.