Algemeen | |
---|---|
Naam | Aluminiumchloried |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | AlCl3 |
Molêre massa | 133,34 |
CAS-nommer | 7446-70-0[1] |
Voorkoms | wit tot liggeel vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=591,4; b=1023,4; c=614,8; β=108,25°[2] |
Ruimtegroep | C2/m[2] |
Nommer | 12 |
Strukturbericht | D0₁₅ |
Smeltpunt | 190 °C (onder druk)[3] |
Kookpunt | 182,7 °C (sublimeer)[3] |
Digtheid | 2,44 rel. |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Aluminiumchloried is 'n chemiese verbinding van aluminium en chloor. Die formule is AlCl3.
Aluminiumchloried is 'n molekulêre verbinding wat uit dimere molekules Al2Cl6 bestaan. Dit kristalliseer in 'n monokliniese struktuur met die sentrosimmetriese ruimtegroep C2/m, wat die argetipe van die D015-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is, hoewel dit oorspronkelik in die nie-sentrosimmetriese groep C2 beskryf is.[2]
Daar is verskeie ander MCl3- verbindings met hierdie struktuur soos DyCl3, ErCl3, HoCl3, InCl3, LuCl3, α–RuCl3, TlCl3, TmCl3 en YbCl3.[2]
Aluminiumchloried kan uit suiwer alumina Al2O3 vervaardig word soos in die eerste stap van die Toth-proses vir aluminiumvervaardiging
In die Toth-proses se tweede stap word mangaan aangewend om die metaal vry te stel.
In die ALCOA-proses word ook aluminiumchloried gebruik, maar dit word in 'n smelt van alkalimetaal- en aardalkalimetaalchloriede opgelos en dan aan elektrolise blootgestel.[3]
Dit word in die Friedel-Crafts-alkileringsreaksie gebruik.