Amerikaanse Lugmag | |
---|---|
Seël van die Amerikaanse Lugmag
| |
Gestig | 8 September 1947[1] |
Land | Verenigde State van Amerika |
Onderdeel van | Amerikaanse Gewapende Magte |
Tipe | Lugmag |
Logo | |
Vlag | |
Rondeel | |
Hoofkwartier | Pentagon |
Aantal lede | 328 820 aktiewe personeel 152 231 burgerlike personeel[2] 69 056 reserwepersoneel[3] 110 000 Nasionale Lugwag-personeel $140 miljard begroting 5 217 bemande vliegtuie[4] 406 IKBMs[5] |
Kommandostruktuur | Lugmagdepartement |
Leuse | Aim High … Fly-Fight-Win[6] "Integrity first, Service before self, Excellence in all we do"[7] |
Mars | The U.S. Air Force |
Kleur | Ultramarien en Lugmaggeel[8] |
Veldslae | Korea-oorlog Viëtnamoorlog Golfoorlog |
Die Amerikaanse Lugmag (Engels: United States Air Force, afgekort USAF) is dié deel van die Amerikaanse Gewapende Magte wat primêr verantwoordelik is vir oorlogvoering in die lug. Die Amerikaanse Lugmag word 'n afsonderlike weermagonderdeel op 18 September 1947. Voorheen was dit 'n deel van die Leër bekend as die United States Army Air Forces (USAAF).
Die Amerikaanse Lugmag is die tegnologies meesgevorderde lugmag ter wêreld.
Op 31 Desember 2010 het die Amerikaanse Lugmag 333 772 soldate op aktiewe diens, insluitend 63 310 vroue. 'n Verdere 70 880 reserwesoldate was op die register.
Die taak van die lugmag was van meet af aan redelik divers: lugsuperioriteit, kernaanval, ondersteuning van die Leër en strategiese lugbrûe is maar 'n paar hiervan. Hiervoor is die lugmag verdeel in verskillende onderdele vir die noodsaaklike operasies in Europa en Asië, naamlik die Amerikaanse Lugmag in Europa en die Amerikaanse Lugmag in die Stille Oseaan.
In Nederland was daar vir 'n geruime tyd 'n lugverdedingseskader te Soesterberg gestasioneer, die 32ste (taktiese) Gevegseskader. Hulle taak was om die Nederlandse lugruim te beskerm teen indringers van die Warskoulande. Dit was die enigste eskader van die Amerikaanse Lugmag wat ooit onder die operasionele bevel van 'n ander land gestaan het. Teen die einde van die Koue Oorlog is die eskader onttrek en ontbind.
Salarisskaal | O-1 | O-2 | O-3 | O-4 | O-5 | O-6 | O-7 | O-8 | O-9 | O-10 | Spesiaal1 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kenteken | |||||||||||
Titel | Tweede Luitenant |
Eerste Luitenant |
Kaptein | Majoor | Luitenant Kolonel |
Kolonel | Brigadier Generaal |
Generaal -majoor |
Lieutenant Generaal |
Generaal | Generaal van die Lugmag |
Afkorting | 2de Lt | 1ste Lt | Kapt | Maj | Lt-Kol | Kol | Brig-Genl | Genl-Maj | Lt-Genl | Genl | GAF |
NAVO-kode | OF-1 | OF-2 | OF-3 | OF-4 | OF-5 | OF-6 | OF-7 | OF-8 | OF-9 | OF-10 | |
1 Slegs toegeken gedurende tye van verklaarde oorlog. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |