Amerikaanse eland | |
---|---|
![]() | |
Volwasse bul | |
![]() | |
Volwasse koei | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Alces (Gray, 1821)
|
Spesie: | A. alces
|
Binomiale naam | |
Alces alces (Linnaeus, 1758)
| |
![]() | |
verspreiding |
Die Amerikaanse eland (Engels: moose) of Europese eland (elk) is die grootste oorlewende spesie in die familie Cervidae (Hertagtiges). Hul wetenskaplike naam is Alces alces. Hulle word uitgeken aan die blaarvormige gewei van die bulle; ander lede van die familie het takvormige gewei. Die dier se habitat is hoofsaaklik noordelike en gemengde bladwisselende woude in gematigde tot subarktiese klimaatstreke in die Noordelike Halfrond.
Die dier se hougebied was tradisioneel groter, maar jag en ander menslike bedrywighede het dit oor die jare taamlik laat krimp. Hulle word nou in sekere van hul vorige habitats heringestel. Die diere word tans in Kanada, Alaska, Skandinawië en Rusland aangetref. Hul dieet bestaan uit aard- en waterplante. Hul grootste vyande is wolwe, bere en mense. Anders as ander herte is dit ’n alleendier wat nie troppe vorm nie. Hoewel hulle gewoonlik stadig beweeg, kan hulle aggressief raak en verbasend vinnig beweeg as hulle kwaad word of skrik. Hul paartyd in die herfs kan lei tot skouspelagtige gevegte tussen bulle wat meeding om die aandag van die koeie.
Alces alces word in Amerikaanse Engels moose genoem en in Britse Engels elk. In Afrikaans word hulle onderskeidelik die Amerikaanse en Europese eland genoem, hoewel die woord "eland" in Suid-Afrika vir ’n ander dier, Taurotragus oryx, gebruik word.
In Amerika word die woord elk gebruik vir die Amerikaanse elk, of Cervus canadensis.
Hoewel die Amerikaanse elandbevolking in die 20ste eeu uitgebrei het, het dit sedert die 1990's in Noord-Amerika skerp begin afneem.[1]
Hulle kom in feitlik die hele Kanada (uitsluitend die Arktika en Vancouver-eiland) voor, asook die grootste deel van Alaska, Noord-Nieu-Engeland en New York, die Rotsgebergte, Noord-Minnesota, ’n deel van Michigan en op Isle Royal in die Bowemeer. Vier van die ses subspesies kom in dié uitgebreide gebied voor.
In die weste word hulle aangetref in Kanada (Brits-Columbië en Alberta), en meer geïsoleerde groepe kom so ver suid as die berge van Utah en Colorado voor.[2][3]
Die Europese eland word tans in groot getalle aangetref in Noorweë, Swede, Finland, Pole en die Baltiese lande. Daar is kleiner troppe in Suid-Tsjeggië, Belarus en Noord-Oekraïne. Hulle kom ook wydverspreid in Rusland voor, in die ooste tot in Siberië. Die Europese eland was van die einde van die laaste glasiale tyd inheems aan die meeste gematigde streke met gepaste habitats en selfs in Skotland, maar in die Romeinse tyd het die dier stadigaan begin verdwyn.
Teen die vroeë 20ste eeu was die laaste vesting van die Europese eland in Skandinawië en dele van Rusland, met ’n paar migrasies in wat nou Estland en Litaue is. Die Sowjetunie en Pole kon die dier weer in dele van sy vorige habitat invoer, maar die streek se politiek het dié bedrywigheid beperk.
Die bevolkings in Siberië is taamlik stabiel en dit neem toe op die Kamtsjatka-skiereiland. In Mongolië en China, waar wildstropery onder die Europese eland algemeen voorkom, is hulle beskerm, maar die aanvraag na tradisionele medisyne wat van die dier afkomstig is, is hoog.[4]
Noord-Amerika
Europa en Asië