Amerikaanse korthaarkat | ||||
![]() | ||||
Herkoms | Europa/VSA | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Soort lyf | Lank, atleties | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Alle | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Amerikaanse korthaarkat (Engels: American Shorthair) is ’n katras wat waarskynlik deur vroeë setlaars van Europa na die VSA gebring is.[1]
Toe die vroeë setlaars van Europa na Amerika gekom het, het hulle katte aan boord van die skepe gehad om die vrag teen muise te beskerm.[2] In Amerika het hulle spesifieke eienskappe ontwikkel om by die nuwe lewe en klimaat aan te pas. Vroeg in die 20ste eeu is ’n selektiewe teelprogram begin om die beste eienskappe na vore te bring.
Die Amerikaanse korthaarkat is ’n baie atletiese kat met ’n groter, skraler liggaamsbou as die Britse korthaarkat. Hulle was aanvanklik bekend as "kortharige huiskatte", maar is in 1966 hernoem om dit te onderskei van ander korthaarrasse.
Die katte is gesond, liefdevol en sosiaal. Mannetjies is heelwat groter as wyfies. Daar is meer as 80 verskillende kleure en patrone wat wissel van skilpaddop tot wit en van rookkleurig tot kamee. Die bekendste kleur is deesdae die silwer gestreepte kat – met digte swart strepe op ’n silwer agtergrond.