Anale kanker is ’n kanker (kwaadaardige gewas) wat in die menslike anus, die distale opening van die spysverteringskanaal, voorkom. Dit is ’n ander soort siekte as die meer algemene kolonkanker.
Simptome van anale kanker kan insluit pyn of druk die anus of rektum, ’n verandering in opelyfgewoontes, ’n knop naby die anus, rektale bloeding, ’n gejeuk of afskeiding. Bloeding kan erg wees.[1][2]
Menslike papilloomvirus: Ondersoeke het getoon ’n groot aantal pasiënte met anale kanker toets positief vir soorte MPV wat ook met servikale kanker verbind word.[3] Na aanleiding van studies in Denemarke en Swede word geraam 90 persent van gevalle van anale kanker word aan MPV toegeskryf.[4]
Seksbedrywighede: Kontak met verskeie seksmaats verhoog die risiko om aan MPV blootgestel te word.[5][6] Die ontvanger van anale seks, mans en vroue, het ’n sewe keer groter kans op MPV-infeksie as ander mense.[6] Mense wat met verskeie mense anale seks het, het ’n 17 keer groter kans.[7]
Rook: Mense wat op ’n gegewe tydstip rook, se kans om anale kanker te kry, is verskeie kere groter as nierokers s’n.[5]
’n Verswakte immuunstelsel: Dit word gewoonlik met MIV-infeksie verbind.[5]
Anale kanker is voorheen met chirurgie behandel. Die probleem daarmee was dat die interne en eksterne anale sluitspier verwyder moes word en pasiënte daarna inkontinent was. Baie moes ná hul operasies permanente kolostomieë dra.
Tans word chemoterapie en bestraling dikwels gebruik om die noodsaaklikheid van chirurgie uit te skakel.[11] Die sluitspier kan dan ongeskonde bly en die pasiënt se lewe is ná behandeling van ’n hoër gehalte as vroeër. Die kans op heling en oorlewing is uitstekend en baie pasiënte se sluitspier is daarna nog in ’n werkende toestand. Sommige pasiënte kan egter ná ’n kombinasie van chemoterapie en bestraling inkontinent wees.
Sowat 10 tot 20 persent van pasiënte wat vir anale kanker behandel is, sal daarna ’n metastatiese siekte ontwikkel (waar die siekte na ’n ander deel van die liggaam verplaas word).[12] Metastatiese of terugkerende anale kanker is moeilik om te behandel en vereis gewoonlik chemoterapie. Bestraling kan ook gebruik word vir spesifieke dele van die liggaam wat probleme ondervind.
↑Stanley, Margaret A; Winder, David M; Sterling, Jane C; Goon, Peter KC (2012). "HPV infection, anal intra-epithelial neoplasia (AIN) and anal cancer: current issues". BMC Cancer. 12 (1): 398. doi:10.1186/1471-2407-12-398. ISSN1471-2407.
↑Frisch M (Augustus 2002). "On the etiology of anal squamous carcinoma". Danish Medical Bulletin. 49 (3): 194–209. PMID12238281.
↑Parkin DM (2006). "The global health burden of infection-associated cancers in the year 2002". Int. J. Cancer. 118 (12): 3030–44. doi:10.1002/ijc.21731. PMID16404738.
↑Natia Esiashvili; Jerome Landry; Richard H. Matthews (2007). "Carcinoma of the Anus Management" (in Engels). Armenian Health Network, Health.am. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 22 Januarie 2008.
↑Lin AY, Gridley G, Tucker M (1995). "Benign anal lesions and anal cancer". The New England Journal of Medicine. 332 (3): 190–1. doi:10.1056/NEJM199501193320314. PMID7695719.
↑Saleem AM, Paulus JK, Shapter AP, Baxter NN, Roberts PL, Ricciardi R (2011). "Risk of anal cancer in a cohort with human papillomavirus-related gynecologic neoplasm". Obstetrics and Gynecology. 117 (3): 643–9. doi:10.1097/AOG.0b013e31820bfb16. PMID21343768.