In sterrekunde is ’n analemma ’n grafiese voorstelling van die veranderende posisie van ’n hemelliggaam (byvoorbeeld die son) in die hemelruim, soos gesien van ’n ander hemelliggaam (soos byvoorbeeld die aarde) in vergelyking met die hemelliggaam se gemiddelde (of mediane) posisie.[1]
Vir die aardbewoner beweeg die son skynbaar[2] op twee verskillende maniere:
Twee faktore dra by tot die veranderende duur van die sonnedag op aarde:
As mens bovermelde twee faktore (paragrawe 3.1 en 3.2 hierbo) saam voeg, is die son soms ’n bietjie agter sy gemiddelde posisie en soms ’n bietjie voor. Die verskil kan óf deur tyd óf deur die grootte van die hoek gemeet word. Slegs vier keer per jaar is daar geen verskil nie. Dit gebeur op omtrent 15 April, 12 Junie, 1 September en 25 Desember. Tussen 15 April en 12 Junie en tussen 1 September en 25 Desember is die son voor sy gemiddelde posisie. Tussen 12 Junie en 1 September en tussen 25 Desember en 15 April (die volgende jaar) is die son agter sy gemiddelde posisie.
Die tydsverloop tussen 15 April en 1 September is slegs 139 dae. Die tydsverloop tussen 1 September en 15 April is 227 dae. Dit is een van die redes hoekom die grootte van die lusse van die figuur 8-analemma verskil. Die tweede rede waarom hulle van mekaar verskil, is omdat die maksimum verskil tussen die twee tye binne elke lus ook van mekaar verskil. Die gevolg is dat die bekende figuur 8-analemma nooit en nêrens op aarde simmetries kan wees nie. Een van die helftes is nie ’n spieëlbeeld van die ander nie.
Die klein lus sluit die noordelike sonstilstand op 21 Junie in. Die groot lus sluit die suidelike sonstilstand op 21 Desember in.
As iemand die tydsverskil tussen sontyd en horlosietyd wil sien, kan hulle gerus die webwerf http://www.solar-noon.com/ besoek. Mens vul die lengtegraad en tydsone in en sien dan die tydsverskil op elke dag van die jaar. Die tydsverskil bly dieselfde, ongeag die breedtegraad.