Anders Behring Breivik (gebore 13 Februarie 1979) is 'n Noorweegse terroris wat die 2011-aanvalle in Noorweë gepleeg het. Hy het ekstremistiese, staatsnasionalistiese en anti-islamitiese opvattinge.[1] Hy is in Augustus 2012 aan massamoord, 'n noodlottige ontploffing en terrorisme skuldig bevind.[2][3]
Die aanvalle het op 22 Julie 2011 begin toe Breivik die regeringsgeboue in Oslo gebombardeer het, wat tot agt sterftes gelei het. Breivik het toe met 'n skiettog begin by 'n somerkamp van die jeugafdeling van die sosiaal-demokratiese Noorse Arbeidersparty op die eiland Utøya, wat 'n verdere 69 sterftes veroorsaak het.[4] Hy is aangekla vir die oortreding van paragraaf 147a van die Noorweegse Kriminele Kode vir "destabilisasie of vernietiging van basiese funksies in die samelewing" en "die skep van ernstige vrees in die bevolking", asook dade van terrorisme onder die strafreg.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Anders Behring Breivik. |