André Roothman | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
André Roothman is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Roothman is bekend vir onder meer sy rolle in die TV-reekse Arende en Known Gods en Afrikaanse rolprente soos Bloedsuiers, Wolwedans in die skemer en Verraaiers.[1]
Hy gradueer in 1978 met 'n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch.[2]
Hy was 'n onderwyser in Kaapstad aan die Cloetesville Sekondêre Skool en bestuur hul Dramagroep totdat hy in 1983 by die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste (Kruik) aangesluit het. Hy het ook vir Ben Dehaeck en die Klein Libertas Teater opgetree. In 1983 word hy 'n professionele akteur, en speel hy in talle toneelstukke (bv. Provost in Measure for Measure, Maynardville (1987)), TV-reekse en films.[3]
In die My Zinc Bed-programnotas word hy beskryf: "Met die onortodokse begin in die gemeenskapsgebaseerde satiriese teater (The Breughel Theatre) gedurende die 1970's, het André die nasionale televisie-opsies in Arende en Ballade vir 'n Enkeling ondersoek. André het hom egter altyd tuis gevoel op ons verhoog wat die onmiddellike behoeftes van transformasie in ons land dien."[4]