| |||||
Volkslied: Angola Avante! (Portugees vir: "Voorwaarts Angola!") | |||||
Hoofstad | Luanda | ||||
Grootste stad | Luanda | ||||
Amptelike tale | Portugees Nasionale tale: Kikongo, Chokwe, Umbundu, Kimbundu, Ganguela en Kwanyama[1][2] | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek João Lourenço Bornito de Sousa | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Portugese kolonisasie • Onafhanklikheid • Huidige grondwet |
1575 11 November 1975 21 Januarie 2010 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 246 700 km2 (22ste) 481 400 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2014-sensus - Digtheid |
25 789 024[3] 20,69 / km2 (199ste) 53,6 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,581[5] (147ste) – medium | ||||
Gini (2008) | 42,7[6] – laag | ||||
Geldeenheid | Kwanza (AOA )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .ao | ||||
Skakelkode | +244 |
Angola (Portugees: [ɐ̃ˈɡɔlɐ]; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Ngola, [ɐ̃ˈɡɔlɐ]), amptelik die Republiek Angola (Portugees: República de Angola; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Repubilika ya Ngola), is 'n land in Suider-Afrika wat grens aan Namibië in die suide, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste, Zambië in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die provinsie Cabinda, wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan die Republiek van die Kongo in die noorde, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste. Angola is 'n lid van die Afrika-unie en 'n voormalige Portugese kolonie wat sy onafhanklikheid in 1975 bereik het. Die hoofstad en grootste stad is Luanda.
Angola was 'n Portugese kolonie vanaf die 16de eeu tot 1975. Ná onafhanklikwording was Angola van 1975 tot 2002 in 'n ernstige burgeroorlog gedompel. Die oorlog het ook deel uitgemaak van die wêreldwye Koue Oorlog, met Sowjetunie en Kuba wat die kommunisties gesinde MPLA (Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho) ondersteun het terwyl Suid-Afrika en die Verenigde State die anti-kommunistiese Unita (União Nacional para a Independência Total de Angola) ondersteun het.
Die land is die naasgrootste petroleum- en diamantprodusent in Afrika suid van die Sahara. Daarteenoor het Angola van die laagste lewensverwagtings- en een van die hoogste kindersterftekoerse in die wêreld.[7] In Augustus 2006 is 'n vredesooreenkoms onderteken met 'n faksie van die Frente para a Libertação do Enclave de Cabinda, FLEC, 'n afgeskeidene guerillagroep van die Cabinda-eksklawe in die noorde van die land, wat steeds aktief is.[8] Nagenoeg 65% van Angola se ruolie is afkomstig van daardie area.
Die naam "Angola" is afgelei van die titel Ngola van die konings van Ndongo, 'n oos van Luanda geleë vasalstaat van die historiese Koninkryk Kongo. Die Portugese het hierdie benaming oorgeneem en later vir die hele gebied gebruik, wat hulle wou koloniseer.[9]
Die bevolking bestaan hoofsaaklik uit Ovimbundu (37%), Kimbundu (25%) en Bakongo (13%). Daarbenewens bly sowat 2% Mestizo en 1% Europeërs in die land. Portugees is die mees verspreide taal in Angola en word deur sowat 71% van die bevolking gebesig. Belangrike inheemse tale sluit in Umbundu (23%), Kikongo (8%), Kimbundu (8%) en Chokwe (6,5%).[10]
Angola het 'n groot binnelandse plato wat skerp daal na 'n smal kusvlakte aan die Atlantiese Oseaan. Dit is die 22ste grootste land ter wêreld (na Niger) met 'n oppervlakte van 1 246 700 km².[11] Dit is vergelykbaar in grootte met Mali en is amper twee keer so groot soos die Amerikaanse deelstaat Texas of vyf keer so groot soos die Verenigde Koninkryk.
Angola word begrens deur Namibië in die suide, Zambië in die ooste, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die eksklawe Cabinda grens ook aan die Republiek van die Kongo in die noorde. Angola se hoofstad Luanda lê aan die Atlantiese kus in die noordweste van die land.
Angola se gemiddelde temperatuur aan die kus is 15,6 °C in die winter en 21,1 °C in die somer. Dit het twee seisoene; droë seisoen (Mei tot Oktober) en warm reënseisoen (November tot April).
Angola bevat 18 provinsies (Portugees: províncias, eenvoud – província):
No. | Provinsie | Hoofstad | Bevolking (2014)[12] |
No. | Provinsie | Hoofstad | Bevolking (2014)[12] |
Kaart | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Bengo | Caxito | 356 641 | 10 | Huíla | Lubango | 2 497 422 | ||
2 | Benguela | Benguela | 2 231 385 | 11 | Luanda | Luanda | 6 945 386 | ||
3 | Bié | Kuito | 1 455 255 | 12 | Lunda Norte | Lucapa | 862 566 | ||
4 | Cabinda | Cabinda | 716 076 | 13 | Lunda Sul | Saurimo | 537 587 | ||
5 | Cuando Cubango | Menongue | 534 002 | 14 | Malanje | Malanje | 986 363 | ||
6 | Cuanza Norte | N'dalantando | 443 386 | 15 | Moxico | Luena | 758 568 | ||
7 | Cuanza Sul | Sumbe | 1 881 873 | 16 | Namibe | Moçâmedes | 495 326 | ||
8 | Cunene | Ondjiva | 990 087 | 17 | Uíge | Uíge | 1 483 118 | ||
9 | Huambo | Huambo | 2 019 555 | 18 | Zaire | M'Banza Kongo | 594 428 |
Hierdie 18 provinsies is verdeel in in 157 Municípios en 618 comunas.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Wikimedia Commons bevat media in verband met Angola. |